Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Weg! Namibië

2021
Magazine

Ons gewilde jaarlikse Namibië-gids bevat 132 bladsye vol klassieke bestemmings, ons 20 top-kampplekke, meer as 240 blyplekke met GPS-punte en kaarte, die beste doendinge, perfekte dagplanne, grensposinligting en nog meer!

Ons kom, Namibië, ons kom!

Weg Namibie

AGTER DIE SKERMS • Gewoonlik klim ’n mens Brandberg in drie dae. Lees op bl. 112 hoe die fotojoernalis Toast Coetzer dié berg in twee dae takel!

Hoe om nié die Vis te stap nie • Vier vriende besluit om die Visriviercanyon die eerste keer aan te durf. Hoe moeilik kan dit nou wees?

Water in die woestyn • Namibië word met rede ook die Dorsland genoem. Reën is skaars, maar wanneer dit mildelik val – soos in die somer van 2021 – het elke Namibiër ’n glimlag op die gesig…

’n Eerste en laaste reis deur Namibië • Namibië is soos geen ander land op aarde nie. Willem van der Berg onthou sy eerste reis na ons buurland. En wat dié land se stiltes en ooptes hom oor sy pa en homself geleer het.

BY DIE GRENS

SÓ WERK DIE GIDS

DIE SUIDE • Talle Suid-Afrikaners het foto’s van die Visriviercanyon, Kolmanskop se spookhuise, die kokerbome rondom Keetmanshoop en Aus se wilde perde in hulle fotoalbum… Wag, het jy nie? Dan is dit tyd dat jy die suide van Namibië, oftewel Suid-Afrika se “tiende” provinsie, die eerste keer (of weer) besoek.

Doen dié 5 dinge

Toer óm die Tirasberg • Tussen die voetheuwels van die Tirasberg lê ’n paar gasteplase. Hier is van die mooiste uitsigte in die land én boere wat slim planne maak om te oorleef.

KAART

BLYPLEK SUIDE

Ontsnap na die Visrivier • Die Fish River Lodge lê op die rand van die naasgrootste canyon in die wêreld van waar dit ’n asemrowende uitsig oor die Namibiese natuurskoon bied.

DIE MIDDEL • Van die mees hooggeleë gebiede in Namibië lê in die middel, soos die Khomas Hochland met sy berge en passe. Van hier af daal jy weer af na die oop vlaktes van die Namibwoestyn en uiteindelik die yskoue Atlantiese Oseaan.

Doen dié 7 klassieke dinge

Hoog, hoër, Khomas Hochland! • In Namibië voel die sterre altyd naby, maar in die Khomas Hochland waar verskeie berge hoër is as 2 000 m bo seevlak, ís jy nader aan die hemelruim as die meeste ander plekke in die land.

DOEN DIÉ 6 DINGE

Maak ’n draai in Damaraland • Damaraland lê dalk ver en wyd, maar op ’n ses dae lange toer deur dié verlate hoek in die noordweste van Namibië kan jy kiekies vir jou fotoalbum neem van ’n eeue oue vulkaan, woestynolifante, rotsgravures, rare plante én ’n gans ander Dooiesee.

’n Brander is gebore • Die Skedelkus is alombekend en jy het waarskynlik al langs dié windverwaaide kuslyn gestap, gery of visgevang. Maar het jy al gehoor van Skedelbaai wat branderplankryers van oral oor die wêreld lok?

KAART

BLYPLEK MIDDEL

NOORDE • Oral in Namibië voel ’n mens asof jy ver in die wêreld is, maar in die noorde van die land wat Etosha se wit vlaktes, die Kaokoveld en die magtige waters van die Kunene, Kavango, Kwando én die Zambesi insluit, voel dit asof jy die einde van die aardbol bereik het.

Doen dié 10 dinge

Kyk ’n vlakvark vierkantig in die oë • Moeg om jou nek in ’n spasma te rek om unieke foto’s uit jou bakkie se venster te neem? Bekyk van ’n baardmannetjie tot ’n jagluiperdmannetjie uit die Onkolo-skuiling in een van Etosha se buurmanne, die Onguma-natuurreservaat.

Brand jy om te gaan stap? • Königstein – ’n piek in Brandberg – is teen 2 573 m die hoogste in Namibië. Om daar te kom moet jy kuite van staal hê en gróót klippe kou!

KAART

BLYPLEK NOORDE

Wanneer ’n vlei gedy • In Januarie vanjaar het die Tsauchabrivier sterk afgekom verby Sesriem – iets wat net elke sowat tien jaar gebeur. Sossusvlei is...

  • Publisher

  • Release date

  • Frequency

  • Pages

  • Formats

  • Languages

Formats

  • OverDrive Magazine

subjects

Languages

  • Afrikaans