Ons gewilde jaarlikse Namibië-gids bevat 132 bladsye vol klassieke bestemmings, ons 20 top-kampplekke, meer as 240 blyplekke met GPS-punte en kaarte, die beste doendinge, perfekte dagplanne, grensposinligting en nog meer!
’n Dankbare reis
Weg Namibie
AGTER DIE SKERMS
BY DIE GRENS
SÓ WERK DIE GIDS
As dit reën in Namibië…
Moenie hiér verbyry nie! • Daar is sewe plekke in Namibië waar toeriste meestal verbyry, maar vir Toast Coetzer kan jy enige tyd nét hier aflaai.
Vroue in vlug • Deesdae sien ’n mens meer beroepsvrouevlieëniers in Namibië as ooit tevore. Hulle vlieg óral en in alle soorte tuie, van piepklein enkelskroewe in die Kaokoveld tot vetpens stralers na Europa.
Die vere maak die voël • 7 topvoëlkykkolle in Namibië
DIE SUIDE • Talle Suid-Afrikaners het foto’s van die Visriviercanyon, Kolmanskop se spookhuise, die kokerbome rondom Keetmanshoop en Aus se wilde perde in hulle fotoalbum… Wag, het jy nie? Dan is dit tyd dat jy die suide van Namibië, oftewel Suid-Afrika se “tiende” provinsie, die eerste keer (of weer) besoek.
Doen dié 5 dinge
LUILEKKER DAE LANGS DIE ORANJE • Die meeste toeriste op pad na Namibië kom laatmiddag by die Oranjerivier en vertrek vroegoggend. Hoekom die haas, wonder Esma Marnewick. Die rivier bied ál die bestanddele vir ’n genotvolle vakansie: uitsigte, voëls, swemplek, kanovaarte, skouspelagtige sonsondergange…
NOG OORNAGPLEKKE
Kameras en krieke in die Suide • Phil Sturgess en Carina de Klerk is dol op stofpaaie en nuwe uitsigte. Hulle laai toe hulle kampen kameratoerusting en kies koers na Namibië, ’n bestemming wat nooit teleurstel nie.
SUIDE
BLYPLEK SUIDE
DIE MIDDEL • Van die mees hooggeleë gebiede in Namibië lê in die middel, soos die Khomas Hochland met sy berge en passe. Van hier af daal ’n mens weer af na die vlaktes van die Namibwoestyn en uiteindelik die yskoue Atlantiese Oseaan.
Doen dié 7 klassieke dinge
In wind en weer • Erge wind kan enige vakansie beduiwel, maar die wind speel ’n belangrike rol in die natuur. By Sossusvlei, byvoorbeeld, vorm dit van die mooiste duine in die wêreld.
’n Hawe in die woestyn • Swakopmund het 130 jaar gelede as ’n onwaarskynlike hawedorp ontstaan. Deesdae is dit ’n toevlugsoord vir Namibiërs én besoekers.
ONTDEK DIE VERSTE UITHOEKE VAN NAMIBIË • Kom verdwaal – op ’n goeie manier – in die Kunenestreek in die noordweste van die land saam met Weg en Heuningland Toere. Dit beloof om die toer van ’n leeftyd te wees!
AT KRONENHOF LODGE • bied puik oornagverblyf op pad na Sossusvlei en die Naukluft-berge. Geniet ’scenic drives’, kleiduif skiet, e-bike, vrylik stap en fietsry.
MIDDEL
BLYPLEK MIDDEL
At Kronenhof Lodge, Betta
NOORDE • Oral in Namibië voel ’n mens asof jy ver in die wêreld is, maar in die noorde van die land wat Etosha se wit vlaktes, die Kaokoveld en die magtige waters van die Kunene, Kavango, Kwando én die Zambesi insluit, voel dit asof jy die einde van die aardbol bereik het.
Doen dié 10 dinge
Van die Oranje tot die Okavango! • Ná twee jaar se reisbeperkinge mik die Minster-gesin noord – van Kaapstad tot die Caprivi – vir die vakansie van ’n leeftyd.
Oos, wes, Namibië bes! • Die voormalige bosvlieëniers Sandra Windisch en haar man, Rainer, wou hulle dogters van die spesiale plekke wys waaroor hulle gevlieg het. Hulle laai toe hulle kampgoed, maak die bakkie vol diesel en vaar die wildernis in.
Wat skud in die Waterberg? • Jy het waarskynlik al foto’s gesien of self met die C22 of die B1 gery en die moewiese Tafelberg uit die pannekoekplat landskap sien verrys. Hier’s wat jy van die Waterberg kan verwag…
GRYP JOU KAMERA, NAMIBIË SE SUIDE...