Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Weg! Platteland

Summer 2023
Magazine

Leef stadiger, leef lekkerder: Weg Platteland vier die leefstyl en entrepreneursgees van die mense wie se hart in die platteland lê – of hulle klaar daar woon, daar grootgeword het, beplan om soontoe te trek, graag daar gaan kuier of net hunker na ’n lewe weg van die gejaag. Die tydskrif is prakties én inspirerend, en ewe lekker om te lees en te kyk met artikels oor entrepreneurs, selfdoenprojekte, diere, tuine, kos, dorpe en mense.

Daar’s ’n tiener in die huis!

Weg! Platteland

Dis my familie daardie!

Mooi genoeg vir die sitkamermuur

Kyk my Bosveldboom

Wat’s hierdie taalvrugteslaai nou?

En dié donkies sonder ore?

Dis my dorp daardie!

Koringberg-boek te koop

Die kleindorpse ‘roller coaster’

Nuus & dagboek • Die somervakansie, feestyd en Kersmarkseisoen is op hande: Gaan pluk lietsjies in KZN, teug aan boeretroos met skop op Marquard, en verwonder jou aan wêreldklas gedroogde fynbos uit die Overberg wat al drie dekades lank vyf vastelande betower.

My hartjie, my lietsjie…

Fynbos in die voorkamer – hoe droër, hoe mooier!

Pienk en plesierig

Kleindorpkoffie met ’n knerts

Koop ’n hok & help ’n hond

Dinge vir jou dagboek*

Vier 10 jaar van Platteland

Ons gaan dorp toe • Ons het dié lieflike somerkopies uitgesnuffel by entrepreneurs in Barrydale, Bloemfontein, Boksburg, Houtbaai, Johannesburg, Montagu, die Paarl, Pretoria, Robertson, Soutrivier, Stanford, Touwsrivier en Wellington.

Kleinmond, Grootmond • Die ouskoolse vakansie- en aftreedorp Kleinmond rus lankuit tussen die Kogelberg en die see. Al veroorsaak die semigrasiestroom die afgelope vier jaar golwe in die demografie, bly dit ’n hegte, betrokke en veral wérkende gemeenskap wat verstaan dat die see, berg en mense sáám sorg vir ’n gematigde klimaat en ’n lewe ryk aan stories.

Wat kos eiendomme?

In ’n neutedo(r)p

Clement Makka • Eienaar: Royal Shuttles & Tours

Deon Brits • Bestuurskonsultant

Marquin Brikkels & Nathan Appel • Bestuurders: Ground Central en Farm-to-plate

Eric & Kayla van der Watt • Eienaar: Wineland Productions & aktuaris by Dynamo Analytics

Johan Olivier • Eienaar: Die Bloubakkie

Eet, drink, wees plesierig!

Ons platteland… 10 jaar later • Die platteland is aan ’t verander, en op talle dorpe moet ’n mens deesdae Suid-Afrika se munisipale katastrofes aanskou. Tog is een van die groot plesiere van ’n reis deur die platteland steeds hoe jy jou verlede raakry en plekke en padbordjies teëkom wat jou herinner aan wie jy eens was, skryf Bun Booyens, stigterredakteur van ons sustertydskrif Weg.

Hoe gemaak met dorpsverval?

10 kitswenke vir ’n skafliker dorp

’n Middag in Makhanda • Op besoek aan die ou Grahamstad verwonder drie vroue – twee historici en ’n sosioloog – hulle aan die verval in die strate en die skouspelagtige afwesigheid van munisipale bestuur. Maar soos altyd is dit gewone mense wat die plek laat lewe – die muurkunstenaars, die hardwerkendes en die siele wat hulle beywer om die lewe van ander te verbeter.

’n Shoppe van samesyn • Familie en vriende het gedink Chantelle en Marcel van Eyssen van Makhanda is laf om midde-in die Covid-19-pandemie hulle werk te los en ’n droom na te jaag: ’n kruising tussen ’n tuisnywerheid, koffiewinkel, teetuin en padstal. Maar drie jaar later gaan hulle Ten Cross Shoppe van krag tot krag.

Ken jy vir Kambro? • Eers het die N12 reg by haar plaashuis se stoep ’n boervrou van Britstown in die Bo-Karoo gepla, maar toe word dit haar redding. Die afgelope 31 jaar, deur droogtes en pandemies, sorg die Kambro-padstal baie mooi vir die Strauss-gesin.

Die gloed van die mensdom • Sedert die laat...

Formats

  • OverDrive Magazine

subjects

Languages

  • Afrikaans