Leef stadiger, leef lekkerder: Weg Platteland vier die leefstyl en entrepreneursgees van die mense wie se hart in die platteland lê – of hulle klaar daar woon, daar grootgeword het, beplan om soontoe te trek, graag daar gaan kuier of net hunker na ’n lewe weg van die gejaag. Die tydskrif is prakties én inspirerend, en ewe lekker om te lees en te kyk met artikels oor entrepreneurs, selfdoenprojekte, diere, tuine, kos, dorpe en mense.
Kom ons gaan kyk… en leer
Weg! Platteland
My paadjie platteland toe
Dié laster is niks lekker
Hoe lyk dit met ’n kaart?
Om van vooraf te begin…
My lys vir die nuwe jaar
Rosendal… vir altyd in my hart gegraveer
Nuus & dagboek • Herfstyd bring rus en verandering. Maak die meeste van die koeler dae deur die wêreld te verken – en daarby unieke reisaandenkings te versamel. Dis ook tyd vir lekker eet: Keurige kaas, innoverende bier en smullekker feeskos sal jou seisoenale palet ryklik inkleur.
Nou ry ons plak-plak so!
Heidelberg wag op daai eentonner…
Tjorts! Op ons bier van die jaar
Klein River boks teen die grotes
Dinge vir jou dagboek*
TEKEN NOU IN EN SPAAR
Ons gaan dorp toe • Ons het lekkernye en mooi nuwe bederfgoed uitgesoek by klein entrepreneurs op Harkerville, Heidelberg (Kaap), Kleinmond, Knysna, Meadowdale, Plettenbergbaai, Port Owen, Prins Albert, Randburg, Richmond (Noord-Kaap), Sedgefield, Swellendam, Tuine en Woodstock.
Karoogoud vir jou vel • Die merinoskape waarmee die Stegmann-familie al langer as 150 jaar op Kruidfontein buite Willowmore boer, was die inspirasie vir die familiebesigheid Lanogold: ’n bekostigbare Karoo-velsorgreeks met mediesegraad lanolien as hoofbestanddeel, in kombinasie met inheemse medisinale plante uit die streek.
Eendag op ’n reëndag in willowmore • Agt jaar ná die eerste kennismaking met Willowmore het baie dinge verander – dalk nie alles ten goede nie – maar dit bly ’n lekker plek om na terug te kom.
Stinkafrikaners – OF – Blinkafrikaners? • Die wit Afrikanertuiste Orania op die grens van die Noord-Kaap en Vrystaat is ’n genadelose maar vooruitstrewende pioniersplek wat Suid-Afrikaners van alle kleure en kulture dwing om die verlede – en hulleself – vierkant in die oë te kyk.
In ’n neutedo(r)p
Wat kos eiendomme?
Ontmoet die mense
Eet, drink, wees plesierig!
Om weer stoom te sien… • ’n Groep stoomtrein-entoesiaste en-fotograwe het van reg oor die wêreld gekom vir die sonderlinge geleentheid: ’n statige ou stoomlokomotief wat weer oor die vlaktes van die Noord-Kaap en Vrystaat draf en rook-en-stoombolle die lug in spoeg. Die kameras het oortyd gewerk… en die vreugde was gróót.
Vrugbare vallei van die son • As jy al oor Hazyview Krugerwildtuin toe gery het, sal jy die golwende heuwels en valleie van Kiepersol en die Sabievallei ken. Hierdie is boerderywêreld, maar daar’s ook baie te doen in die Laeveldse son. Hier kan ’n mens immers heeljaar kortbroek en plakkies dra.
Ontmoet die mense
Eet, drink en wees vrolik!
Die katte gaan ‘Dorp toe’! • Die dramatiese redding van ’n Seepuntse wilde katjie was maar die begin van ’n merkwaardige lewenspad vir haar. Sedert Platteland in 2017 oor Nebukatneser geskryf het, het sy ’n suster bygekry en ’n ambassadeur geword van ’n fonds wat wilde katte help. Én toe trek die hele gesin platteland toe.
Uit die aarde • Kathryn Eybers en Ross Dwyer het 20 jaar gelede ’n lap dooie aarde sonder water, elektrisiteit of dienste buite De Rust gekoop en dit in die Numbi Valleypermakultuurplaas verander – ’n gebalanseerde, volhoubare ekostelsel met ’n unieke huis en joga-ateljee wat hulle met hulle eie hande gebou het uit daardie einste dooie kleigrond en strooi.
Bou ’n pizzaoond van strooi en klei...