Leef stadiger, leef lekkerder: Weg Platteland vier die leefstyl en entrepreneursgees van die mense wie se hart in die platteland lê – of hulle klaar daar woon, daar grootgeword het, beplan om soontoe te trek, graag daar gaan kuier of net hunker na ’n lewe weg van die gejaag. Die tydskrif is prakties én inspirerend, en ewe lekker om te lees en te kyk met artikels oor entrepreneurs, selfdoenprojekte, diere, tuine, kos, dorpe en mense.
Met die hand… en met liefde!
Weg! Platteland
Vertel ons
Nuus & dagboek • Die bome begin bot… die dae word langer en die gemoed ligter. Vier die lente met ope tuine en ’n veldblommeskou, bederf die sintuie met Suid-Afrika se beste kaas en wyn, of kies ’n doending uit ons propvol dagboek.
Huur ’n kasteel! • Die nuutgerestoureerde historiese Dunn’s Castle buite Piketberg in die Swartland is net die plek vir almal wat nog altyd in ’n Victoriaanse kasteel wou oornag of partytjie hou.
KWV kraai koning
Die gouda wat die goue eiers lê
Babylonstories
Word ’n gidshond-pleegouer
Dahlias uit Dinokeng
Dinge vir jou dagboek*
Ope tuine by dosyne • Tuiniers van dorpe reg oor die land stel hulle tuine oop vir die publiek – net die plek om inspirasie te kry en die prag van die natuur te geniet.
TEKEN NOU IN en betaal R75 per tydskrif
Ons gaan dorp toe! • Vir die warmer dae wat wink, het ons lentegeure en mooigoed uitgesoek in Bynespoort, Elgin, George, Gqeberha, Hopefield, Johannesburg, Kaapstad, Malmesbury, Montagu, Oudtshoorn, Prieska en Simondium.
Terug na die lewe in 1897 • Op die museumplaas Soetmelksvlei teen die hange van Simonsberg word besoekers in ’n ommesientjie weggeraap na die laat negentiende eeu toe die lewe veel stadiger, eenvoudiger maar ook moeisamer was en alles nog met die hand gemaak is.
Bak jou eie ‘medisyne’ • Toe die jong Pretoriase predikant Janet Cruywagen ontdek suurdeegbrood is medisyne wat wondere kan verrig vir jou dermmikrobioom én fisieke en geestesgesondheid, het sy die kansel gegroet en haar eie“broodbediening”, Grace and Crumbs, begin.
In die Swartland gekweek, gemaal én gebak • Die koring groei in dieMoorreesburg-distrik en die meul op die dorp verander weekliks net genoeg daarvan in vars steengemaalde meel. Hiermee bak Carien Hugo Waring van dieMoorrees-bakkery dan plekspesifieke suurdeegbrode wat sy op sewe buurdorpe in die Swartland verkoop.
Manna vir die massas • Daagliks word derduiwels baie roosterkoeke en koeksisters in Suid-Afrika gebak – om den brode óf ter stywing van fondse – maar die handewerk van Flora Linnert van die Knersvlakte is voorwaar in ’n ander klas.
Niekerkshoop se woestynroos • Die sêding“blom waar jy geplant is” word hopeloos te veel en te maklik gebruik – gewoonlik deur mense wat nog nooit op Niekerkshoop was nie. Want hier gee die aarde jou min, en die lewe nóg minder. As jy hier wil blom, is dit op eie risiko. Zelna Barends blom nie net nie; sy gee skaduwee aan haar hele gemeenskap.
Winde van verandering • In Suid-Afrika dateer die statige ou windpomp terug tot die 1870’s toe ’n boer van Hopetown die eerste een ingevoer het, volledig van hout gemaak. Ná meer as ’n eeu het hulle al onlosmaaklik deel geword van ons uitgestrekte vlaktes, maar hulle getalle het dramaties afgeneem omdat boere voortdurend nuwe, volhoubare maniere vind om water te pomp. Ons volg vir Samantha Reinders die Karooveld in om dié ysterreuse vas te vang.
Die man met die besems • Van tronkvoël tot gelowige en entrepreneur – dit is Jan Mentoor, Malmesbury se geliefde rietbesemman.
Oase van die Karoo • Vosburg was vanjaar die Noord-Kaapse finalis in die TV-joernaalprogram Kwêla se jaarlikse Dorp van die Jaarkompetisie. Uiteindelik moes dié lieflik boomryke dorpie die knie buig voor...