Leef stadiger, leef lekkerder: Weg Platteland vier die leefstyl en entrepreneursgees van die mense wie se hart in die platteland lê – of hulle klaar daar woon, daar grootgeword het, beplan om soontoe te trek, graag daar gaan kuier of net hunker na ’n lewe weg van die gejaag. Die tydskrif is prakties én inspirerend, en ewe lekker om te lees en te kyk met artikels oor entrepreneurs, selfdoenprojekte, diere, tuine, kos, dorpe en mense.
Die wonder van ’n tuin
Weg! Platteland
Vertelons • Leef stadiger… speel lekkerder!
Nuus& dagboek • Ná ’n snikhete somer begin die dae nou afkoel, maar jou sosiale kalender kan nog witwarm bly met die rits feeste en doendinge wat voorlê vir die herfsseisoen. Verken ook oestyd op ’n onkonvensionele plaas, ’n “speelskool”vir honde en die mooiste blombolle vir jou tuin.
Elke hond kry sy speeldag
Woeker vroeg met winterbolle
Dinge vir jou dagboek*
LEEF STADIGER!
Ons gaan dorp toe • Ons is al agter die eerste herfsblare aan vir dié slim kopies wat ons uitgesnuffel het in onder meer Dysselsdorp, Eversdal, Groenpunt, Hermanus, Pacaltsdorp, Parkview, Riversdal, Barrydale, Van Reenen en Vermaaklikheid.
Carnarvon se wonderwerker • Ons almal hou van stories oor plattelandse dorpe wat deur hulle gemeenskap gered word van verval. Maar byna altyd begin daardie proses by één mens, en soms maak daardie enkele persoon so ’n groot verskil dat dit lyk na ’n wonderwerk. Ontmoet Carnarvon se wonderwerker.
Barrydale Plek van tweede kanse • Die afgelope jaar of drie is daar ’n ander soort“energie” op Barrydale aan die bruis met ’n golf van nuwe inwoners wat hope liefde, geld en tyd in die dorp belê. Die meeste glo hulle woon nou op die beste plek op aarde.
Sleuteltjie op sag satyn
In ’n neutedo(r)p
Wat kos eiendomme?
Ontmoet diemense
Eet, drink, wees plesierig!
As die Karoo jou insluk • Op die plaas Snyderskloof naby Matjiesfontein voel dit of jy in die middel van nêrens sit, en dit is presies waar ’n mens moet wees as jy wil wegkom van die gejaagde digitale wieletjie waarop jy jou deesdae so pê hardloop.
Kom kuier op Colesberg! • Almal ken Colesberg, want dié Noord-Kaapse dorp tussen die Kaap en Gauteng lê reg langs die N1-hoofroete. Maar wanneer laas het jy afgedraai en gaan kyk, dalk met die mense gesels?
Kliprand Net-net nog op die aarde • As jy ry en ry, van die Kaap se kant af dwarsdeur die Knersvlakte, of uit Upington se rigting oor al die Boesmanlandse vlaktes en vloere… As jy begin wonder waar jy is, is jy naby. Mooi kyk, want Kliprand wag net oor die bult. Of is dit die volgende een?
Paradyse vol lewe • Elke jaar tussen September en November wanneer Suid-Afrika se ooptuine-seisoen in volle swang is, verwonder ’n mens jou aan die tyd, geld en moeite wat dit moet verg om jou private paradys vir die publiek oop te stel. Platteland was by al 11 tuine wat oopgegooi is vir die Hogsback-ooptuine se rose-en-alperosenaweek.
Tuine waar jy kan groei • Wanneer die lewe druk en dinge verkeerd loop – as dit voel of die vrugbare sade in jou kop in ’n lugstroom wegdryf na onvrugbare aarde – dan is dit tyd vir ’n Pretoriase kleintuinier om haar te haas na die fabelagtige tuine van ’n plek soos Bedford.
Kom ons gaan tuin toe! • In die tuin en natuur is herfs beslis vir ons die mooiste, mooiste tyd. Jy sien nie net die seisoen in die kleure rondom jou nie, maar vóél ook hoe die natuur rustig raak ná die skroeiwarm maande. Ons wys jou hoe om jou roostuin ’n herfs-hupstoot te gee en hoe om jou groente-oes maklik en vinnig te piekel.
VRAAG & ANTWOORD
Kraakvars vir later • As jy nie weet wat om met al die groente van jou laatsomeroes te maak nie, is dit ’n goeie plan om dit te piekel. Pas die hoeveelhede aan volgens die grootte van...