Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Weg! Platteland

Winter 2023
Magazine

Leef stadiger, leef lekkerder: Weg Platteland vier die leefstyl en entrepreneursgees van die mense wie se hart in die platteland lê – of hulle klaar daar woon, daar grootgeword het, beplan om soontoe te trek, graag daar gaan kuier of net hunker na ’n lewe weg van die gejaag. Die tydskrif is prakties én inspirerend, en ewe lekker om te lees en te kyk met artikels oor entrepreneurs, selfdoenprojekte, diere, tuine, kos, dorpe en mense.

Lank lewe ons boere

Weg! Platteland

Vertel ons

Nuus & dagboek • Sit vanjaar die koue ore aan met ryk sintuiglike ervarings: Winter is ’n goeie tyd om suurdeegbrood onder die knie te kry, antieke heuningwyn te drink en jou hondekinders knus en deftig te hou.

Die gebrou van die bye

Carmién klink ’n koppie op ’n kwarteeu

Grace + Merci gaan aanlyn

Wintermodes vir Wagter

Dinge vir jou dagboek*

Tyd vir boekevat • Botter jou brood aan albei kante met ’n stewige baksel nuwe kos-en natuurboeke.

TEKEN IN EN LEEFSTADIGER!

Ons gaan dorp toe • Vir dié winterwarm vondste het ons mikromakers uitgesnuffel in Bedford, Botrivier, Citrusdal, Gillitts, Graaff-Reinet, Henley-on-Klip, Jeffreysbaai, Kaapstad, Laingsburg, Misgund, die Paarl, Piket-Bo-Berg, Stellenbosch, St. Francisbaai en Winburg

Graaff - Reinet Méér as prentjiemooi • Graaff-Reinet is ’n pragtige dorp – daar’s die imposante NG kerk, meer as 200 nasionale gedenkwaardighede en natuurlik die natuurskoon. Én mense wat nie stilsit nie.

Ballade van die botterboer • Maria van Zyl het hoog in die Italiaanse Alpe geleer hoe om die lekkerste botter in Suid-Afrika te maak. Toe begin sy ’n slim“subskripsieboerdery” wat weekliks suiwelprodukte aflewer by huishoudings in die Kaap – en só kon sy die eerste vyf koeie vir haar mikromelkery koop. Ontmoet die (bio)dinamiese kleinboer met groot planne.

Perspektiewe oor berge en dale • Op ’n reis in die suidelike Drakensberg sit stortreën en ’n veld vol stekelrige distels die befaamde fotograaf Obie Oberholzer aan die dink oor die krag van perspektief.

Daar’s gees op Groot-Marico • Die skrywer Herman Charles Bosman het net ses maande in Groot-Marico gewoon voordat hy uiteindelik 161 kortverhale oor dié ongetemde gebied en sy mense geskryf het – dit wil gedoen wees! Hoekom bly dié plek met sy effense airy fairy-gevoel mense betower?

Die hoofhen wat die goue eiers lê • The Country Chic is ’n kekkel-lekker spesialiswinkel in die Swartland waar die kleinboer en entrepreneur Suzanne Smit die organiese vryloopeiers en -hoendervleis verkoop waarmee sy boer – van die plaas af reguit na haar eie winkelrak.

Ohrigstad se klein grootboer • Die plaaslewe vloei eenvoudig deur die are van die Els-familie wat al sedert die jare dertig in die Ohrigstadvallei in Limpopo boer. En hulle word al hoe jonger: Oupa Jan Els was 36 toe hy begin het, pa Dewald 27… en klein Waldo het op 6 al agter die stuur van groot masjiene ingeskuif!

Gaan na die woud en word wys Alles begin by grond • In enige tuin is ’n boom ’n belegging, maar as jy ’n paar bymekaar plant en jou eie klein woud skep, is die beloning soveel groter. Hulle maak koelte, hulle huisves lewe… en hulle verander jou grond. Ons het by ons witkaree-“woud” gaan kers opsteek – en baie dinge wys geword.

Kompos in ’n kits Ons toets die iCompost • Die man agter die iCompost, Himkaar Singh, glo as mense met die druk van ’n knoppie hulle kombuisafval binne 4-6 uur in kompos kan verander, sal meer van hulle sorg dat dit nie in opvullingsterreine beland nie. Platteland moes eenvoudig dié innoverende kitstegnologie op die proef stel.

Kom ons gaan tuin toe! • Hierdie winter gaan jy nie net voor die kaggel sit nie. Leer hoe om jou eie fynbosgeur en lyfbotter te maak, blomme te borduur,...

Formats

  • OverDrive Magazine

subjects

Languages

  • Afrikaans