Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Weg! Platteland

Autumn 2025
Magazine

Leef stadiger, leef lekkerder: Weg Platteland vier die leefstyl en entrepreneursgees van die mense wie se hart in die platteland lê – of hulle klaar daar woon, daar grootgeword het, beplan om soontoe te trek, graag daar gaan kuier of net hunker na ’n lewe weg van die gejaag. Die tydskrif is prakties én inspirerend, en ewe lekker om te lees en te kyk met artikels oor entrepreneurs, selfdoenprojekte, diere, tuine, kos, dorpe en mense.

Vrystaters van staal

Weg! Platteland

Vetelons

Nuus & dagboek • Die dae raak dalk korter en koeler, maar die sosiale kalender van die herfsmaande beslis nié!

TEKEN NOU IN en betaal R84 per tydskrif

Ons gaan dorp toe! • Net voor die blare begin verkleur, het ons dié herfskopies uitgesoek in Durban, Elgin, Heidelberg (Kaap), Johannesburg, Krugersdorp, die KZN-Middelland, Loxton, Middelpos, Polokwane, Pretoria, Robertson, Simondium, Stellenbosch en Wellington.

Zen op Zastron • Aan die voet van die Aasvoëlberg in die Vrystaat lê die landboudorp Zastron wat met sy natuurskoon en opregte medemenslike inwoners vinnig ’n houvas op selfs die gehardste stadsjapie kry.

Nêrens anders nie • Die TV-reeks Nêrens, Noord-Kaap, ’n plaasstorie wat moeilike en hartseer temas aanraak, het kykers diep geraak. Tussen die kokerbome en goue laatmiddaglig het daar gedurig twee vrae bly hang: “Hoe kom ek hier?” en “Waar wil ek heen?” In die “regte” Hantam-Karoo hou die mense hulle antwoorde eenvoudig.

Altyd, oral, ‘magic’… • Die skeppende stadsjapies Hanneke en Kevin Bentz het in 2020 die Goudstad verruil vir Philippolis, waar hulle twee gastehuise en ’n teekamer-en-dekorwinkel bedryf. Eersdaags wil hulle natuurlike wyn maak van die druiwe op hulle biodinamiese plasie van 2 ha buite die dorp – en dis maar net ’n deel van ’n veel groter storie!

Die ‘N2 Mall’ word 30 • Die beroemde Dassiesfontein-padstal langs die N2 tussen Botrivier en Caledon het in Januarie sy 30ste verjaardag gevier, maar Sassie en Alda Fick het al vier jaar voor hulle die eerste geboutjie in 1995 opgerig het“skelm” plaasprodukte uit ’n waentjie langs die snelweg verkwansel.

Volg die reën met jou skape • Groot dele van ons land was lank die loopplek van nomades en trekboere. Rigtings en bestemmings is deur die beweging van wolke bepaal, en deesdae sê heinings, grensdrade en paaie vir ons waar ons mag gaan en waar nie. Maar in die Karoo, Boesmanland en Namakwaland moet mens en dier steeds by die reën uitkom.

O, boeretroos! • Drie voormalige Baaienaars – ’n onderwyser, mediese dokter en beleggingsbankier – het op Prieska in die Noord-Kaap ’n nuwe koffiehandelsmerk begin wat al in 46 takke van Spar, 32 eetplekke en 12 padstalle te koop is… en dit lyk of hulle in hulle eerste jaar 6 t koffie gaan verkoop…

Die krag van kruie • Ná ’n gesondheidskok in 2017 het Janine Honiball hulle huiskos begin geur met kruie wat sy self op hulle plaas buite Ventersburg kweek. Sewe jaar later verskaf dié entrepreneur – een van net twee kruieboere in die Vrystaat – jaarliks meer as 5 t vars kruie aan Checkers en Shoprite.

Ons gaan tuin toe • Beleef die Overberg se inheemse herfsskouspel op die gewilde Fynbosstaproete; verkyk jou aan die biodiversiteitontploffing op die Vergelegen-landgoed; vang die herfs vas met klei en houtskool in die Dylan Lewisbeeldetuin; of plant jou eie Olla-permakultuurpot.

Van tuine tot tafels! • Terwyl Suid-Afrika en die res van die wêreld gekreun het onder die druk van die Covid-19-pandemie, het die gemeenskapsleiers van Kurland Village naby Plettenbergbaai moue opgerol en lappies aarde in klein, volhoubare groentetuine verander sodat hulle gesinne – én die plaaslike sopkombuise – kos op die tafel kon hê. Gaye Boshoff verwonder haar aan die transformasie.

’n Liefde vir Reis • Reis behels veel meer as om...

Formats

  • OverDrive Magazine

subjects

Languages

  • Afrikaans