Leef stadiger, leef lekkerder: Weg Platteland vier die leefstyl en entrepreneursgees van die mense wie se hart in die platteland lê – of hulle klaar daar woon, daar grootgeword het, beplan om soontoe te trek, graag daar gaan kuier of net hunker na ’n lewe weg van die gejaag. Die tydskrif is prakties én inspirerend, en ewe lekker om te lees en te kyk met artikels oor entrepreneurs, selfdoenprojekte, diere, tuine, kos, dorpe en mense.
Is dit tyd om te trek?
Weg! Platteland
Vertelons
Nuus & dagboek • Die somer is hier – en om die langer, sonnige dae in die aanloop tot die feestyd te vier vul ons jou dagboek met dorpsfeeste en plesierige doendinge. Boonop ontdek ons die prag en praal van pioenrose wat floreer in die Karoo.
Dinge vir jou dagboek*
Lekker somerdoendinge
Tyd vir boekevat • Troos jou Covid-voos kop met dié stewige vrag somervars kook- en natuurboeke.
TEKENIN • EN BELEEF VIER SEISOENE SAAM MET ONS!
Ons gaan dorp toe • Boesmansriviermond, Hopefield, Philadelphia, Pretoria, Lichtenburg, Vredendal… Ons het ver gaan soek om die koelste kopies vir die warm dae te kry.
SWELLENDAM Die dorp wat oor sy wortels waak • Swellendam, op twee na die oudste dorp in Suid-Afrika, verwelkom deesdae byna weekliks nuwe intrekkers wat hulle hart verloor op die Overbergse natuurskoon, die dorp se lieflike historiese geboue en die reënryke mikroklimaat – en dít sowaar danksy Covid-19 én blitsige optieseveselkabels.
Ontmoet die mense
Wat kos eiendom?
In ’n neutedo(r)p
Eet, drink, wees plesierig!
’n Stukkie groen in die betonoerwoud • Minstens die helfte van Platteland se lesers woon in ’n stad of voorstad en kan net oor naweke en vakansies uitwyk platteland toe. Sommige van ons het ’n daaglikse dosis groenigheid nodig om al ons varkies op hok te hou, en daarom kyk ons na ’n paar opsies in Johannesburg, Pretoria en Nelspruit.
Willemsrivier ‘sit jou siel weer tussen jou ribbes in’ • Of dit nou blommetyd is of nie, as jy 4 km buite Nieuwoudtville op die Kotzé-familie se geskiedkundige skaap- en gasteplaas Willemsrivier oornag, voel 1745 skielik soos gister (en omgekeerd).
Doendinge op die plaas
KAMPERSRUS Lekker plek teen die berg • In die jare dertig het Broer Maré ’n plaas met die naam Bedford aan die voet van die noordelike Drakensberg gekoop. Hy het die naam verander na Kampersrus – ’n stilhouplek vir reisigers. Kom span uit en ontmoet die mense wat vandag hier woon en werskaf.
Ontmoet die mense
Eet, drink, wees plesierig
Die betowering van water • Ná ’n suksesvolle lewe in die grootstad het Alan Hobson sy heil – én siel – kom soek in die vars waters van die Oos-Kaap. Hier het hy gehelp om varswaterhengel as toerismeattraksie te vestig.
Wat is dié‘kiepersol’?
Battiss se wêreld
Klein huis, groot hart • Vir Suid-Afrikaners wat die haastige verbruikerskultuur probeer afskud en vlug van Covid-19-inperkings – en die kleiner, belangriker dinge in die lewe wil aangryp – is afskaal die antwoord. Vir baie van hulle is ’n kleiner huis iewers op die platteland die antwoord.
Daai taai tameletjies…
Hokaai – en dink mooi!
Waghonde Jou oë, jou ore… jou vriend • ’n Waghond is dalk die beste manier om jou in jou huis te beveilig, maar onthou tog dat geen hond die rol van ’n sekerheidsdiens kan vervul nie. Maak ook seker jy besef jou eie verantwoordelikheid is groter as die hond s’n.
Waar jy gaan… • Gert Becker, eienaar van SaSpine in Pretoria, het byna tien jaar lank ’n persoonlike beskermingshond gehad. Hy vertel meer oor sy Rufus.
Pella Kristen-oase in die wildernis • Pella klínk sommer ver, en dit ís ver, doer heel noord in die Boesmanland, net-net nog binne Suid-Afrika. Die inwoners glo Jesus bewaak...