Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Weg! Platteland

Winter 2024
Magazine

Leef stadiger, leef lekkerder: Weg Platteland vier die leefstyl en entrepreneursgees van die mense wie se hart in die platteland lê – of hulle klaar daar woon, daar grootgeword het, beplan om soontoe te trek, graag daar gaan kuier of net hunker na ’n lewe weg van die gejaag. Die tydskrif is prakties én inspirerend, en ewe lekker om te lees en te kyk met artikels oor entrepreneurs, selfdoenprojekte, diere, tuine, kos, dorpe en mense.

Só werk die ‘Platteland’-familie

Weg! Platteland

Vertel ons

Nuus & dagboek • Met ons vol kalender kan jy vergeet van ’n vaal winter: Leer regte Durbankerrie kook, verken die Hermanus-kus saam met Dapper op die hondecamino, of sluit aan by ’n groep entoesiaste wat plante ruil.

Die Vonkel spat!

Ina gesels lékker sopstories

Kerrie teen die koue

Ruil nuwe plante vir jou tuin

Dinge vir jou dagboek*

TEKEN NOU IN en betaal R75 per tydskrif

Ons gaan dorp toe! • Dié winter bly ons knus en warm met mooigoed uit Calitzdorp, Cullinan, De Aar, Dundee, Hartbeespoort, Kaapstad, Kuilsrivier, Muizenberg, die Paarl, Pretoria, Robertson, Stanford en Windmeul.

SUTHERLAND Koue dorp vol warm harte • Dis nie altyd maklik om op Sutherland in die Noord-Kaap te woon nie, maar selfs diegene wat padgee, is geneig om terug te kom. Kom kyk saam met ons waarom.

Ontmoet die mense

Eet, drink, wees plesierig!

1 Fiat 500 | 2ha | 4 seuns… 19000 myl! • Die knortjor wat vier laaities se ingenieurspa vir hulle gebou het, kon nie die mas opkom op die graspolle van hulle 2 ha-plot in Montana, Pretoria, nie. Toe gaan soek hulle op ’n skrootwerf na ’n ou Fiat 500, net vir sy vering. Maar Ma gryp in en die karretjie word gered – en die wildewragtaggies sit op daai 2 ha ’n volle 19 000 myl op die klok!

Die berge in… • Hoe vermy jy die stortvloed toeriste as jy in ’n afromontane woud woon waarop die vakansiegangers in Desember toesak? Jy ry na verlate buiteposte in die Kaapse berge, sê die fotograaf Obie Oberholzer, en jy máák foto’s eerder as wat jy dit neem.

Willie Walie sit nooit op sy alie • ’n Verskeidenheidskonsert – dís hoe ’n mens jou lewe en loopbaan benader om as kunstenaar op die platteland te oorleef, sê die sanger-liedjieskrywer-enradiokoskletser Willie Strauss wat met tradisionele afval en sy ma se Boesmanlandse boerekos smulpape na Die Sinkstoor op Cullinan lok.

Dinofeng se bont broeikas • As deel van ’n hernude poging ná Covid-19 om werk te skep en meer besoekers na Cullinan te lok sit die dryfkrag agter die suksesvolle Makers Village in Irene dié konsep nou op Cullinan voort. Platteland het ’n draai gemaak by Dinokeng se nuwe broei-, groei-en uitstalkas vir klein entrepreneurs en kunstenaars.

Ontmoet die mense

Ware rus… langs die waters van Sabie • Min of meer elke vyf jaar kry Jaco en Jens Reverchon rooimiere: Hulle was op ’n paar plekke in die Kaap voor hulle na die Groter-Krugerwildtuin toe getrek het. Nou woon hulle vreedsaam saam met hulle spannetjie diere aan die oewer van die Sabierivier.

Vir die Voëls… • Voëlsoekers sny eintlik spoor met hulle óre, het Johan van Zyl ontdek op sy nooiensvaart as “avitoeris” saam met BirdLife South Africa om na die Tuinroete en Klein-Karoo se 450 voëlspesies te soek.

DIE VOËLSOEKERS

Ons gaan terug plaas toe! • In 2020, ’n dag voordat die nasionale inperking weens Covid-19 begin het, het Christian Fry en sy verloofde, Pippa de Lange, op Dombeya in die Elandsriviervallei aangekom. Hulle doel? Om te keer dat die familieplaas verkoop word. Nou leef hulle lekkerder – én droom en werk harder – as ooit tevore.

Ons gaan tuin toe • Gaan op ’n reukstaptoer en verken die Kaapse winter opnuut met jou neus. Of verkyk jou aan Astrid Blumer se intense natuurkuns, maak knus...

Formats

  • OverDrive Magazine

subjects

Languages

  • Afrikaans