Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Weg! Platteland

Summer 2024/2025
Magazine

Leef stadiger, leef lekkerder: Weg Platteland vier die leefstyl en entrepreneursgees van die mense wie se hart in die platteland lê – of hulle klaar daar woon, daar grootgeword het, beplan om soontoe te trek, graag daar gaan kuier of net hunker na ’n lewe weg van die gejaag. Die tydskrif is prakties én inspirerend, en ewe lekker om te lees en te kyk met artikels oor entrepreneurs, selfdoenprojekte, diere, tuine, kos, dorpe en mense.

Ons land en sy mooi mense

Weg! Platteland

Vertelons

Nuus & dagboek • Mooi en lekker goed is volop hierdie somervakansie: Kikker jou onthaaltafel op met bont servette en innoverende mengeldrankies, besoek ’n hondemuseum – ’n wêreldeerste! – en kuier-kuier deur die platteland se magdom feeste, werksessies en Kersmarkte.

Servet-pret vir jou feestafel

’n Museum vir jou beste vriend

Die Weskus in jou sitkamer

Klink ’n glasie op SA se beste jong sommelier

Lekkergoed in ’n bottel

Dinge vir jou dagboek*

TEKEN NOU IN en betaal R75 per tydskrif

Ons gaan dorp toe! • Vir dié somerkopies het ons die langpad gevat na Darling, Durban, Johannesburg, Kaapstad, Kroonstad, Laingsburg, Middelpos, Napier, Pretoria, Simondium, Stellenbosch, Sutherland en Witrivier.

Plek van die ‘vetplantmense’ • Die eens woelige kreef-en-visfabriek op Lambertsbaai het lanklaas seekos gesien en verwerk die afgelope 30 jaar al aartappels uit die Sandveld. Nou is dit die branders, stil sandstrande, seevoëls en blommeskouspel in die lente wat al hoe meer mense lok om hier af te tree of vakansie te hou.

In ’n neutedo(r)p

Ontmoet die mense

Dís mos KOS! • Groentesop met tuisgebakte brood, gevolg deur stadiggeroosterde skaapboud, hoenderpastei én bobotie, voorgesit met glanswortels, boontjies, aartappels en geelrys, en afgesluit met malva-of suurlemoenpoeding. Dit is wat op jou wag by Karookombuis op Prins Albert – die afgelope 26 jaar al.

Stadig oor die klippers • Sedert 2008 het Nick en Nicole Nyalungu nie minder nie as ses keer verhuis. Hulle kinders, Afrika en Kenya, het hulle geïnspireer om ’n plek te kry wat hulle huis kan noem. Daardie plek is die Shiyalongubodam in die Makhonjwaberg waar hulle ’n sandsakhuis bou en hulle onderneming op dreef kry.

Bou met sakke vol sand

Die lang pad berg toe

’n Kaalvoetsprokie • Die Dangerous Darkies se kaalvoet-o.9-sokkerspan het die gemeenskappe van Graaff-Reinet en sy township, uMasizakhe, ’n klein bietjie nader aan mekaar gebring. En dit is uit sulke klein treetjies wat daar dikwels groot beweging kom.

Die soet smaak van sukses • Sedert Darling Sweet in Oktober na Evita se Perron geskuif het, word elke week ’n ton lekkergoed met die hand gemaak en verpak. Dié plattelandse suksesverhaal wat in Julie sy tiende verjaardag gevier het, verskaf nou saam met Swartland Kitchen, waar beskuit en koekies gebak word, werk aan 38 mense.

Ons soetste sakelesse

Ontspan… dis Vanzylsrus • Vanzylsrus is ’n ongenadige woestynland waar droogte en swaarkry ’n manier van lewe is. Willem van der Berg weet dit, want hy het ’n droewige geskiedenis met die plek. Maar, hoor hy op hierdie besoek, die mense van die Kalahari sal nie aarsel om te deel wat hulle het nie. Liefde en omgee dra hulle deur.

In ’n neutedo(r)p

Ontmoet die mense

Die Uile van Langebaan • Die afgelope sewe jaar al keer ’n broeipaar gevlekte ooruile terug na dieselfde tuin op Langebaan om nes te skop. Sedert 2018 het hulle nie minder nie as 18 uiltjies hier grootgemaak – en dit sluit die 3 uit wat in Augustus vanjaar uitgebroei het. Ons gesels met die eienaar van die huis oor ’n lewe saam met uile.

Uilkaste: ’n Goeie idee of nie?

’n Weeshuis vir roofvoëls

Ons gaan tuin toe • Buite is dit warm, maar Platteland het ’n paar...

Formats

  • OverDrive Magazine

subjects

Languages

  • Afrikaans