Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Weg! Ry & Sleep

Selfdoengids 2023
Magazine

WegSleep is die enigste Afrikaanse tydskrif wat spesifiek op die karavaan- en kampeermark gerig is. Elke maand verken en gradeer die span verskeie kamp- en karavaanbestemmings in Suid-Afrika en sy buurlande en deel hulle ook inligting oor slim planne om kamp- en sleepvakansies gladder te laat verloop. Die tydskrif se groot kosseksie gee kampeerders buitelugkos-idees. WegSleep is 'n egte leserstydskrif en bevat 'n aansienlike getal stories, briewe, resepte en wenke van sy lesers.

Selfdoengids 2023

Weg! Ry & Sleep

ALLES EN NOG WAT • Om ’n woonwa te besit beteken dit nie net haak, sleep en vuur aansteek nie. Net soos jou sleepvoertuig het hy soms ook ’n bietjie ekstra aandag nodig. As jou wa dus in die winter ’n blaaskans kry, moet jy seker maak hy slaap veilig en lekker.

KYK NOG VERDER

SÓ BERG JY JOU WA • Een van die groot kwelvrae onder nuwe slepers is hoe jy nou eintlik jou wa bêre as die vakansie verby is. Selfs ou slepers wonder nog...

SEILSORG • ’n Tent is soos die getroude lewe: As jy aandag en liefde gee, loop alles klopdisselboom, maar as jy dit afskeep is buite slaap jou voorland.

BATTERYSORG • In een of ander stadium was die meeste van ons al die slagoffer van ’n pap battery. Maar jy kán terugveg – as jy weet hoe.

BANDE • Dis ’n feit soos ’n koei dat jy een of ander tyd jou wa se bande. gaan moet vervang. Dis altyd ’n duur storie, maar jy moet mooi kyk vóór jy dit doen, anders kan dit jou nóg duurder te staan kom.

VOORKOM HOUTVROT • Houtvrot is ’n kwaal wat selfs moderner woonwaens teister, maar jy kán verhinder dat jou wa se nat neus in ’n erge bronchitis verander.

KYK MOOI VOOR JY KOOP • Jy brand nou al hoe lank om jou koepeltent vir ’n klein tweedehandse wa te verruil. Pasop, daar is ’n klompie gevaartekens waarop jy bedag moet wees vóór jy jou swaarverdiende geld uitgee.

DIE WOONWAPROP

DIENS DIE NEUSWIEL • ’n Neuswiel wat nie reg werk nie, kan ’n mens in die moeilikheid laat beland. Jy gaan byvoorbeeld nie die wa van die stang af kan lig wanneer jy wil afhaak nie. Dalk het skroefdraad van die armpie aan die kant ingegee...

DIENS DIE KOPPELSTUK • Die meeste woonwaens wat voor of in 2009 gebou is, het ’n gietysterkoppelstukkop, maar van die nuwes kom met ’n staalkop wat eenvoudig oor die sleepstang gly. Terwyl staalkoppe minder onderhoud verg, kort die gietysterkoppe meer aandag. Ons kyk ’n bietjie nader.

SIEN DIE REMME REG • Jou woonwa se remskoene is net so belangrik soos dié van jou sleepvoertuig. Dit is noodsaaklik dat jy hulle gereeld nagaan – en nee, dit sal jou nie ’n hele dag besig hou nie.

DIENS DIE WIELLAERS • As jou woonwa se wiellaers – dis nou die bearings – langs die pad die gees gee, is jou hele vakansie in sy peetjie. Tref voorsorg en diens hulle só.

VERVANG SELF ’N VENSTER • Net soos by die huis waar jy moet grassny of ’n lekkende kraan vervang, is dit van tyd tot tyd nodig om ’n bietjie instandhouding aan jou wa te doen. Party slepers deins nie daarvoor terug om self hulle wa se wiellaers na te gaan of selfs die koppelstuk te diens nie, maar sommige takies is selfs makliker as dit, soos om ’n gekraakte of stukkende venster te vervang.

VERVANG DIE OPWIPDAKGASSTUTTE • Die meeste padwoonwaens het ’n opwipdak. Dit sorg vir minder windweerstand, maar hierdie dakke het ook ’n stille hulpmiddel. Die gasstutte help sodat jy die dak kan lig tot hulle nie meer wil nie.

MAAK JOU SWARTPOT SKOON • As jy mooi na jou gietysterkookware omsien, behoort dit ’n leeftyd te hou. Maar as jy dit verwaarloos, gaan roes verwoesting saai op jou potte, panne en roosterplate. Só blaas jy nuwe lewe in hulle.

SLYP JOU BYL • Hulle sê ’n swak ambagsman pak die skuld op sy gereedskap. Ons kan dit met groot vrymoedigheid beaam. Trouens, ’n swak ambagsman is iemand wat...

Formats

  • OverDrive Magazine

subjects

Languages

  • Afrikaans