Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Weg! Ry & Sleep

Dec/Jan 2024/2025
Magazine

Die leefstyltydskrif van 132 bladsye vir kampeerders, woonwa- en 4x4 entoesiaste en avontuurreisigers

As jy die klimaat aan jou bas voel...

Weg! Ry & Sleep

’n Glasie op Charles! • Ons hoor graag wat jy op die hart het! Skryf vir ons by ### rysleep@weg.co.za en onthou asseblief om jou volledige adres en kontakbesonderhede te gee. Ry & Sleep behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort – en na goeddunke in die tydskrif, op die webwerf en elders te gebruik.

NUUS

Hier kom die buffels en olifante! • Nóg twee plaaslike boswoonwamodelle het hulle verskyning gemaak: Cenpro Offroad Camping Solutions is ’n nuwe plaaslike vervaardiger wat sy buiging maak met ’n hele paar nuwighede, sê Leon Botha.

’n Wa met ’n plan • Die vervaardiger Mission het sy tweede boswa bekend gestel, en dié een baan die weg tot ver oor die water, sê Leon Botha.

KIA KRY ’N BAKKIE • Die Tasman is Kia se heel eerste bakkie en hy maak sommer met die intrapslag ’n sterk eerste indruk. Cyril Klopper bekyk hom van nader.

Die Namib se kosbare waters • Ry saam van ’n lowergroen platorand, deur ’n dorre landskap tot by ’n lieflike waterval in die Kunenerivier.

Montagu toe... kom wat wil • Dis nie nodig om te kies tussen ’n grondpad die berg uit of ’n breë teerpad tot by jou kampplek nie. By Montagu ry ’n mens sommer albei.

Vind kultuur langs die Kunene • Dit is tog te lekker om by die Epupavalle in Namibië te ontspan, maar mettertyd kry jy rooimiere... iets waarvoor hierdie sirkelroete verligting bring.

’n Eerste keer vir alles • Die Ry & Sleep Bull Run is sinoniem met ou karre, brullende enjins, jolige deelnemers, stof... en hope pret. Woorde soos “reën” en “modder” is egter nog nooit voorheen in dieselfde asem as dié byeenkoms gebruik nie. Tot nou toe.

Die tweeling • Hierdie sleepkombinasie is omtrent soos Vinkel en Koljander: Albei het vier wiele, hulle is dieselfde kleur en albei word slegs gebruik as dit tyd word vir kamp opslaan. André Wilkens van Klerksdorp vertel.

Woef-woef, ek sê! • Hier is nóg agt kampplekke in agt provinsies waar jou troeteldier welkom is.

Driekuns • Ons het drie weke ná mekaar drie verskillende GS-modelle gery om uit te vind watter een die lekkerste is. Hier is ons mening.

Meneer Bestendig • Die Pajero Sport het nog twee gesinslede bygekry – en die appel val steeds nie ver van die boom nie.

Uitstaande gehalte • Thule is bekend vir sy dakbokse en fietsrakke, maar dié Sweedse maatskappy het ook verskeie daktente. Ons het met een gaan kamp om te voel hoe ’n mens daarin slaap.

Suutjies die bos in • Die Stealth Overlander-modelle is gebou vir die bos, wat beteken die 634ES-variant was in sy element met ons onlangse besoek aan die uithoeke van KwaZulu-Natal.

Waens op die spyskaart • Sê maar vir enige suikertand hulle moet één nagereg uit 68 verskillende soorte roomys met 282 geure kies, en hulle gaan nie weet waar om te vat en waar om te los nie. Dis presies die stand van sake wat nuwe Suid-Afrikaanse waens betref.

SÓ KIES JY ’N WENBAKKIE • Die Bakkie van die Jaar-kompetisie is in 2023 van stapel gestuur en Ry & Sleep was daar. Vanjaar is ons wéér genooi om ’n volgende groep inskrywings naby Worcester in die Kaap te beoordeel.

PAK MY IN • Wanneer jy die Visrivier stap, dra jy ’n rugsak; as jy vlieg, sleep jy ’n wieletjietas; en as dit tyd is vir kamp, gebruik jy ’n kleresak. Maar waarin pak jy ongewone items op ’n landreis? Hier is 14 slim voorstelle.

’n Retro braai (én poeding) • Onthou jy nog hierdie heerlike kuierkos? Dollie die resepte op met ’n klompie feestelike kinkels.

Kies jou vakansiemotor • Is jy op soek na ’n nuwe ryding vir jou vakansiereise? Hier is 23 modelle wat jy kan...

Formats

  • OverDrive Magazine

subjects

Languages

  • Afrikaans