WegSleep is die enigste Afrikaanse tydskrif wat spesifiek op die karavaan- en kampeermark gerig is. Elke maand verken en gradeer die span verskeie kamp- en karavaanbestemmings in Suid-Afrika en sy buurlande en deel hulle ook inligting oor slim planne om kamp- en sleepvakansies gladder te laat verloop. Die tydskrif se groot kosseksie gee kampeerders buitelugkos-idees. WegSleep is 'n egte leserstydskrif en bevat 'n aansienlike getal stories, briewe, resepte en wenke van sy lesers.
Om te reis...
Weg! Ry & Sleep
Die legende van die Verlore Vallei • ’n Volle 111 jaar – dít is hoe lank vyf families in ’n afgeleē vallei in KwaZulu-Natal vir die res van wêreld weggekruip het. Of het hulle? Dit klink mos na die perfekte verskoning vir ’n reis na die verlede...
Tussen olifante • Die Tshugulu-4x4-ekoroete is nie iets wat die Mapungubwenasionale park wyd bemark nie – deesdae is dit eintlik net gaste by die Tshugulu-lodge wat toegang het daartoe.
Onder die venster • Die uitsig by God’s Window op die rand van die Drakensbergplatorand is onverbeterlik – op ’n helder dag kan jy glo Mosambiek in die verte sien! Maar het jy al ooit gewonder waarheen lei daai grondpaadjie direk onder jou aan die voet van die afgrond? Só ry jy hom.
Blomme en klippe • Die Goegap-natuurreservaat lê 7 km buite Springbok in die Noord-Kaap. Hier is ’n pragtige 4x4-roete wat veral in die laatwinter en vroeglente roep.
Raak weg in die Weskus • Dis g’n wonder Weskusdorpe soos Yzerfontein en Langebaan is gewilde wegbreekplekke nie, want hulle is net ’n hanetree van Kaapstad af. As jy egter die ware Weskus in hart en siel wil beleef, moet jy heelwat verder noord mik.
Uit Die Hel na De Hoop • Berge het nou maar eenmaal ’n aantrekkingskrag, veral as jy ’n voorliefde het vir passe, klowe en uitsigte. Die Swartbergreeks het nie minder nie as 17 passe... en voor jy afsak see toe, kan jy ’n geheimsinnige kloof besoek.
Daar anderkant die blou berge • Die Overberg is bekend vir sy golwende heuwels wat in die wintermaande oortrek word met skelgeel canola- en grasgroen koringlanderye. Die meeste mense skiet met die N2 deur die streek, salig onbewus van die lieflike grondpaaie wat hier wag om verken te word.
Bokkeveld toe! • Die Warm- en Koue-Bokkeveld is twee van die vrugbaarste streke in Suid-Afrika. Ry verby sitrusboorde suid van die Sederberg en langs bessiebome aan die voet van sneeubedekte pieke.
Oos, wes... Suid-Afrika bes! • Frankryk het die Eiffeltoring en Thailand lieflike strande; New York spog met Central Park en die Statue of Liberty, terwyl die Colosseum altyd deel sal wees van Rome. Maar die beste bestemming ter wêreld is hier op ons voorstoep: Suid-Afrika!
Kom doen die M-loop! • Ons besoek drie nasionale parke waarvan die naam met ’n M begin: Mokala, Marakele en Mapungubwe. Toevallig kan jy ’n loodregte lyn van 900 km tussen dié drie reservate trek – ons ry padlangs en besoek al drie.
Die rivier wat vrylik gee • Volg die Oranjerivier van sy oorsprong tot waar hy in die Atlantiese Oseaan uitmond. Op pad sal jy sien presies hoe kosbaar Suider-Afrika se langste rivier is.