Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Weg! Ry & Sleep

Feb/Mar 2024
Magazine

WegSleep is die enigste Afrikaanse tydskrif wat spesifiek op die karavaan- en kampeermark gerig is. Elke maand verken en gradeer die span verskeie kamp- en karavaanbestemmings in Suid-Afrika en sy buurlande en deel hulle ook inligting oor slim planne om kamp- en sleepvakansies gladder te laat verloop. Die tydskrif se groot kosseksie gee kampeerders buitelugkos-idees. WegSleep is 'n egte leserstydskrif en bevat 'n aansienlike getal stories, briewe, resepte en wenke van sy lesers.

Hoe meer siele...

Weg! Ry & Sleep

1, 2, 3, in ’n Mazda 323 • Ons hoor graag wat jy op die hart het! Skryf vir ons by rysleep@weg.co.za en onthou asseblief om jou volledige adres en kontakbesonderhede te gee. Ry & Sleep behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort – en na goeddunke in die tydskrif, op die webwerf en elders te gebruik.

Nóg ’n rits nuwe kampplekke • Hier is vyf nuwe kampplekke wat sedert die Covid-19-pandemie die lig gesien het.

Die ene bewerasies • Die Ford Ranger Tremor wat op pad is, is bedoel vir avontuurlustige mense wat ’n bosbakkie soek vir oorlandreise. Cyril Klopper bekyk sy syfers.

Kliphard! • Om Letelepas in Lesotho ’n “pas” te noem is so goed as om ’n olifantbul ’n posduif te noem. Dit is nie net ’n pas nie, maar eerder ’n foltering vir mens en masjien, ’n “roete” wat 6 km deur klowe en teen berge op slinger.

’n Nuwe ervaring • Tyd vir ’n kampplek waar jy nog nooit was nie? Kies volgende keer koers na hierdie twee oorde in die KwaZulu-Natalse Suidkus.

’n Klein juweel in die berge • Tussen Lydenburg en Sabie, omring deur die berge en op die oewer van die Spekboomrivier, lê ’n intieme kampplekkie weggesteek waar jy in stilte kan gaan wegkruip.

Shingwedzi se kranse roep • Kies koers uit die Krugerwildtuin na die Shingwedzikranse op ’n 4x4-roete in Mosambiek se Limpopo- nasionale park.

Kampplek met vangplek • Bederf jouself en nooi jou vriende plaas toe.

Rustig en veilig tot by die grens • Hulle onlangse toer van die Kaap tot by die Mosambiekse grens was ’n hoogtepunt – en ’n klinkklare bewys dat selfs pensioentrekkers met ’n bietjie beplanning en gesonde verstand ’n veilige kampreis in Suid-Afrika kan geniet, sê Johan en Elmare van Staden van Parow.

Die Jimny word mooi groot • Vir die eerste keer in die 50-jarige bestaan van Suzuki se Jimny is daar nou ’n vyfdeurweergawe van dié oulike 4x4, maar is groter noodwendig beter? Ons ry ’n wye draai deur die Tuliblok in Botswana op soek na antwoorde (en olifante).

Luukse kampwa vir twee • Mobi Lodge se nuwe Mobi XL spog met dieselfde eersteklas afwerking en luukshede as die gewilde Continental-model, maar net in ’n kleiner en kompakter weergawe.

Die lewe ná Leefek • Vervaardigers kom en gaan, maar hoe lyk die pad vorentoe vir kampeerders wat ’n Leefek-wa aangeskaf het?

Ry veilig – die pad is nat! • Motor- en reistydskrifte het ’n plig om padveiligheid te bevorder. Hier volg kundige raad oor hoe ’n mens moet maak in gure weer en op slegte paaie.

Watwo, hittegolf! • Deesdae voel dit asof daar net twee seisoene is: ’n yskoue een en ’n snikhete een – dan dan sê klimatoloë boonop daar’s al wéér ’n El Niño op pad. Hier is 14 produkte wat jou kampplek vanjaar ’n bietjie koeler sal maak.

’n Boer maak ’n pan! • Eenpanetes beteken minder skottelgoed en vinniger gaarmaaktyd langs die bloedwarm vuur. Jy kan ook jou gasplaatjie inspan vir kosmaak en net ’n atmosvuurtjie aansteek.

BLOKRAAI

PRETBLAD

Loop lig vir dié foute • Hier is die drie grootste foute wat oorlandreisigers – nuwelinge én veterane – gereeld begaan, sê Mic van Zyl.

Hoe beskerm ’n mens jouself? • Drie voorvalle van woonwavervaardigers en handelaars wat onder bedenklike omstandighede in die stof gebyt het, laat hom wonder...

Formats

  • OverDrive Magazine

subjects

Languages

  • Afrikaans