WegSleep is die enigste Afrikaanse tydskrif wat spesifiek op die karavaan- en kampeermark gerig is. Elke maand verken en gradeer die span verskeie kamp- en karavaanbestemmings in Suid-Afrika en sy buurlande en deel hulle ook inligting oor slim planne om kamp- en sleepvakansies gladder te laat verloop. Die tydskrif se groot kosseksie gee kampeerders buitelugkos-idees. WegSleep is 'n egte leserstydskrif en bevat 'n aansienlike getal stories, briewe, resepte en wenke van sy lesers.
Woestynstories
Weg! Ry & Sleep
Hoe klink 900 km grondpad? • Wanneer jy Namibië moet groet, is die ellelange B1-teerpad jou voorland. Maar as jy nie haastig is nie; draai af by Rehoboth en ry dié 900 km lange alternatief oor vier dae – dis byna álles grondpad! – tot by die Velloorsdrif-grenspos suid van Karasburg.
Op die soom van die woestyn • Op hierdie byna 400 km lange roete van Solitaire na die Erongoberg in Namibië korrel jy noordwaarts. Die son sak dus altyd na links soos jy ry, verby woestynvlaktes waar gemsbokke uittroon en die koddigste verkleurmannetjies teen die padsoom boer.
Ry hom sit-sit so! • Die resep: Kry ’n groep avontuurlustige motorfietsryers bymekaar, koop ’n klomp veldmotorfietse en gaan op ’n onvergeetlike reis deur eksotiese plekke. Ná die reis word die motorfietse dan aan natuurbewaarders oorhandig. Dit, in ’n neutedop, is Rally for Rangers, wat in Julie 2023 die eerste keer in Afrika aangeland het.
As die woestyn water kry... • Jy het dalk al die suide van Namibië besoek, maar het jy dit al beleef as dit reën? Dan is dit ’n wêreld van welige grasveld, volop diere en nat grondpaaie. Pak dus ’n reënjas en kom beleef die skouspel!
’n Wye draai deur Botswana • Vat twee dele ongerepte Botswana, voeg een deel Namibië en ’n skeut Zimbabwe by... en jy’t ’n lekker Afrika-avontuur op hande.
Van Onseepkans na Verneukpan... en verder! • Hierdie driedagroete trek ’n stofstreep deur die Boesmanlandse vlaktes na die verlatenheid van Verneukpan en spoeg jou 670 km later uit naby Drie Susters in die Karoo. Wanneer jy daar aankom, is jou vingers nog effens taai van die koeksisters wat jy op Pofadder gekoop het – maar jy’s ’n nuwe mens!
Grondpad tussen die ‘daisies’ • Namakwaland se blommeseisoen duur van Julie tot Oktober – met die hoogtepunt rondom einde Augustus. Jy moet terstond blyplek bespreek as jy volgende jaar se blommeprag wil beleef. Ry kuier-kuier saam met ons van Kakamas tot op Nieuwoudtville terwyl ons blomme soek.
G’n geginnegaap by Goegap • Die Goegap-natuurreservaat buite Springbok is in die lente een van die beste blommebestemmings. Maar hier is ’n ook uitstekende 4x4-roete waar jy heeljaar met jou veldvoertuig kan kom speel.