WegSleep is die enigste Afrikaanse tydskrif wat spesifiek op die karavaan- en kampeermark gerig is. Elke maand verken en gradeer die span verskeie kamp- en karavaanbestemmings in Suid-Afrika en sy buurlande en deel hulle ook inligting oor slim planne om kamp- en sleepvakansies gladder te laat verloop. Die tydskrif se groot kosseksie gee kampeerders buitelugkos-idees. WegSleep is 'n egte leserstydskrif en bevat 'n aansienlike getal stories, briewe, resepte en wenke van sy lesers.
Dankie!
Weg! Ry & Sleep
41 jaar en g’n einde • Ons hoor graag wat jy op die hart het! Skryf vir ons by rysleep@weg.co.za en onthou asseblief om jou volledige adres en kontakbesonderhede te gee. Ry & Sleep behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort – en na goeddunke in die tydskrif, op die webwerf en elders te gebruik.
Tyd vir rus
Kapsule met ’n stort • Unipod Toy Haulers het sy eerste model met ’n binnebadkamer bekend gestel. Boonop het jy teen dieselfde prys meer as een keuse wat die buitekombuis betref, sê Leon Botha.
Ek het ’n huisie op die dak • As jy ’n basiese kampwaentjie oorweeg met veilige slaapplek bo-op en geriewe soos ’n ys-vrieskas en ordentlike stoepdak, is die nuwe Traveler so reg in jou kraal, sê Leon Botha.
Weerlig slaan twee keer • Elektriese voortuie blyk ons voorland te wees, hoewel dit darem nog ’n hele paar jaar gaan vat voor ons noodgedwonge van ons binnebrandenjins ontslae moet raak, sê Cyril Klopper.
Tel jou sente • Elektriese voertuie is sekerlik op pad, maar intussen is hibriede rygoed – of weergawes daarvan – dalk ’n beter opsie, sê Cyril Klopper.
Op die voorstoep van die wildtuin • Malelane is sinoniem met die Krugerwildtuin, maar hier is nóg ’n kampplek, een waar Gary Player nommer 1 was.
Die rivier wat vrylik gee • Volg die Oranjerivier van sy oorsprong tot waar hy in die Atlantiese Oseaan uitmond. Op pad sal jy sien presies hoe kosbaar Suider-Afrika se langste rivier is.
Kom kamp in ’n krater • Die Vredefortkoepel is wêreldbekend en ’n gewilde bestemming vir toeriste. Pak jou kampgoed en stapskoene en kom kyk wat die plek so besonders maak.
Drie passe en ’n poort • Die Oos-Kaap, en veral die noordelike hoogland, is bekend vir sy lieflike bergpasse. Hier is drie van hulle... plus ’n oulike poort.
Meer mense, meer karre, meer stof! • Die Ry & Sleep Bull Run is in Oktober 2022 die 11de keer gehou, en dit was ook die grootste een tot nog toe.
Kyk hoe lyk hy nou! • Toe sy swaer hom vra om sy 1969-model Chevrolet C20 van ’n rammelkas in ’n blinkbakkie te omtower, was hy slaggereed vir die uitdaging, sê Willem Rabie van Pretoria.
Vrugbare waters • Vis en suurlemoen is mos pasmaats... sorg dus dat jy kom kamp opslaan tussen die viswaters en ’n sitrusboord.
Die yster van Toledo • Ons het ’n 4 700 km lange draai met ’n Jeep Gladiator Rubicon gery – en ’n groot hap daarvan was uitdagend. Hier is ons indrukke.
Langeraat vir die langpad • Die sogenaamde “Extended cab” is besonder geskik vir reismaats wat baie plek nodig het binne die kajuit, maar ’n bakkie verkies bo ’n sportnuts. Isuzu maak ’n lekker een.
Kind van die bos • Bushwakka se Sundowner Evolution 3 is nommerpas vir ’n klein gesin wat met die wêreld se gerief die onbekende wil invaar.
Geskenketyd! • Dis weer daardie tyd van die jaar wanneer Mariah Carey se “All I Want for Christmas” en Wham! se “Last Christmas” onophoudelik in die winkels speel. Hier is ’n paar geskenkidees voor jy vlug na die rustigheid van ’n kampterrein.
Maklike feeskos • Maak dié feestelike kos oor die kole en vier die groot vakansiedae lekker langs die braaivleisvuur.
BLOKRAAI
PRETBLAD
Kyk die kat uit die boom • Enigiemand wat dit oorweeg om ’n oorlandreis saam met ’n...