Die leefstyltydskrif van 132 bladsye vir kampeerders, woonwa- en 4x4 entoesiaste en avontuurreisigers
Watter een is jy?
Weg! Ry & Sleep
Het jy al die nuwe Starwors gesien?
Kampplek vir Modimolle se Bergkoninkryk
Nuwe staanplekke in die Waterberg
Conqueror bobaas in die Wes-Kaap
Kommer oor jong mense en sitplekgordels
Volkswagens vir vrouesokker
Bushy kry ’n blink lyf • Die Bushy Rhino spog nou met ’n lyf van vlekvrye staal. Maar dis nie al nie, sê Leon Botha.
Tuff Cats kry ’n welpie • Die Katsi, Tuff Cats se vierde en nuutste model, is ’n basiese sleepwa wat sy lyf in verskeie gedaantes kampwa kan hou, sê Leon Botha.
Wen ’n kappie vir jou dubbelkajuit • Een gelukkige leser staan die kans om een van Wild Accessories se dubbelkajuitkappies ter waarde van R24 000 te wen.
Die spiertier van Japan • Die nuwe Mitsubishi Triton is uiteindelik hier, en hy’s oorgehaal om kragte te meet met sy teenstanders in die Suid-Afrikaanse mark, sê Cyril Klopper.
Pierewaaier van Ingolstadt • Die Audi Q7 het onlangs ’n tweede ontrimpeling ondergaan. Cyril Klopper kyk wat is nuut.
Rustig tot waar dit wild raak • Baie mense glo die beste salf vir die siel is om langs die water of in die bos te kamp. Kom beproef sommer albei duskant die KwaZulu-Natalse Middelland.
Ry kuslangs deur Namibië • Reis teen jou eie pas van Lüderitz in Namibië se suidkus tot by Torrabaai in die noorde op pad na die Kaokoland toe.
Langpad deur die Tankwa • Die R355 is Suid-Afrika se langste ononderbroke grondpad – een wat dus deur geen ander pad gekruis word nie. Dit is ’n heerlike stukkie bederf om ’n klompie uur opsy te sit en hom van onder tot bo te ry.
Pa en seun se ikoniese reis • Min dinge is beter vir ’n pa-en-seun-verhouding as ’n reis reg rondom Suid-Afrika, sê Kobus Boshoff van Modimolle.
Hond se gedagtes • Hier is agt kampplekke in agt provinsies waar jou troeteldiere welkom is.
’n Buksie met houding • Die Viking is die vervaardiger Adventure Xtreme se nuwe baba – en hy staan gereed vir jou volgende grondpadavontuur.
Abba én sleep • Die Oubiqua T4 is ’n seldsame voorbeeld van ’n boswa wat jy in ’n abbawa kan omskep én wat boonop slaapplek het vir vier mense.
Voor in die kampkoor • Die plaaslike kampbedryf is blakend gesond, maar hoe vergelyk ons met die res van die wêreld?
Nommer asseblief... • Wat staan jou te doen wanneer jy in die buiteland reis en steeds met die mense by die huis moet kan praat – en hoeveel kos daardie oproep huis toe?
Nag, John-Boy • Dit is nie altyd maklik om op ’n vreemde plek te slaap nie, en soms sukkel dit maar om ’n ordentlike nagrus te kry. Hier is ’n klompie produkte wat sal help wanneer Klaasvakie sy opwagting maak.
Trippe trappe trope! • Versier jou glas met ’n kleurryke papiersambreeltjie en geniet die geure van ’n tropiese vakansie op jou bord!
BLOKRAAI
PRETBLAD
Die opmars na elektriese voertuie • Twee groot mites oor elektriese voertuie word steeds aan die groot klok gehang as regverdiging vir die ongelooflike bedrae geld wat aan die ontwikkeling daarvan bestee word, sê Mic van Zyl.
Ek sien sterre... • Die gradering van kampplekke kan slegs fokus op die tasbare en meetbare aspekte soos netheid, geriewe en veiligheid. Dit skep nie die ruimte om jou ervarings te meet nie, sê Neels van Heerden.
Die sielkunde van die kampbadkamer • Terwyl ’n ruim, skoon en netjiese badkamer met genoeg warm water beslis vir enige kampeerder belangrik is, is daar soveel meer aan die ervaring daarbinne, sê Linda Brink.
As vier wiele te min is... • As jy voel jou Ford Ranger se vraggewig is net té pieperig, is die oplossing voor die handliggend: Jy las net nóg ’n as...