WegSleep is die enigste Afrikaanse tydskrif wat spesifiek op die karavaan- en kampeermark gerig is. Elke maand verken en gradeer die span verskeie kamp- en karavaanbestemmings in Suid-Afrika en sy buurlande en deel hulle ook inligting oor slim planne om kamp- en sleepvakansies gladder te laat verloop. Die tydskrif se groot kosseksie gee kampeerders buitelugkos-idees. WegSleep is 'n egte leserstydskrif en bevat 'n aansienlike getal stories, briewe, resepte en wenke van sy lesers.
Op jou gesondheid
Weg! Ry & Sleep
Dis mos nou Bak(ke), man! • Ons hoor graag wat jy op die hart het! Skryf vir ons by rysleep@weg.co.za en onthou asseblief om jou volledige adres en kontakbesonderhede te gee. Ry & Sleep behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort – en na goeddunke in die tydskrif, op die webwerf en elders te gebruik.
SKOTE PETOORS!
Spasie vir die nasie! • Die jaarlikse Woonwaskou by die Gallagher-konferensiesentrum in Midrand het omtrent sinoniem geraak met die bekendstelling van nuwe waens. Kom kyk wat het ons daar gesien.
Wild Accessories se kappies nóg beter
Grondpad tussen die ‘daisies’ • Namakwaland se blommeseisoen duur van Julie tot Oktober – met die hoogtepunt rondom einde Augustus. Jy moet terstond blyplek bespreek as jy vanjaar se blommeprag wil beleef. Ry kuier-kuier saam met ons van Kakamas tot op Nieuwoudtville terwyl ons blomme soek.
RAW 4X4 NAMAKWA ECO TRAIL • Waar jy ook al gaan, wat jy ook al sleep – RAW 4x4 se veringstelsel draf die pad lag-lag kaf.
Kamp tussen konings en kanonne • Gewoonlik skiet mense soos blits deur Magoebaskloof as hulle op pad is na die Krugerwildtuin en ander kampplekke in die Laeveld. Trek volgende keer ’n dag of twee vroeër in en kamp sommer van hier af.
Waterbergse waterkaskenades! • Teen die voetheuwels van die Waterberg lê ’n wildplaas met ’n waterspeelplek wat jy nie sommer elders gaan teëkom nie.
Uit die berge na die vlaktes • Ry ’n draai uit die digterlike Sederberg, oor die pragmatiese Skurweberg met twee pragtige bergpasse, tot in die kunssinnige Ceres-Karoo.
Nuwe kampplekke, hier kom ons! • Vir ’n Brasiliaanse egpaar van Randburg is kamp in ’n woonwa ’n hele nuwe avontuur. Nou draf Rodrigo en Melissa da Silva se Ford Everest van die een kampplek na die volgende.
’n Driekuns by Bivane • Die Bivanedam is ’n plek vir drie soorte kampeerders: Dié wat van hengel hou, dié wat van kamp hou... en dan is daar die ouens wat van albei hou.
Met ’n N, ja! • Die nuwe Mahindra Scorpio is hier, nou met ’n N agter sy naam. Ons ry ’n draai deur die Groot-Karoo om te voel hoe hy loop.
Kyk hoe pronk die Tonga! • Die Tonga is vernuwe en spog nou met ’n kombuis wat jy nog nie voorheen gesien het nie.
Hoe vriendelik is rolstoelvriendelik? • Hy is 35 jaar al in ’n rolstoel én kamp net so lank. Ons steek kers op by Jurie Venter van Groblersdal en hoor wat werk en wat werk nié wanneer dit kom by rolstoelvriendelike geriewe in die kampplek.
Jou hommeltuig en die wet • Veldry en aksiefoto’s loop saam nes die Blitsbokke en skepskoppe – en wat is beter as ’n hommeltuig vir dié doel? Boonop kan jy dan foto’s van bo af neem. Maar hokaai: Daar’s streng voorwaardes rakende die gebruik van ’n drone.
Tafelmaniere • Die Blou Bul eet glo nie van die vloer af nie – en jy hoef ook nie. Hier is ’n dosyn gawe kamptafels.
Eiers by dosyne! • Eiers is veelsydige kos wat jy nie net vir ontbyt hoef te eet nie.
BLOKRAAI
PRETBLAD
Die beste in die geweste? • Is die Toyota Land Cruiser 79 die beste voertuig vir oorlandsreise en veldry-avonture? Mic van Zyl lug sy mening.
Hoe lekker is ‘lekker’ dan? • Hoe relevant is ’n stergraderingstelsel? Neels van Heerden wonder of dit nog enigsins na verbruikersbehoeftes...