WegSleep is die enigste Afrikaanse tydskrif wat spesifiek op die karavaan- en kampeermark gerig is. Elke maand verken en gradeer die span verskeie kamp- en karavaanbestemmings in Suid-Afrika en sy buurlande en deel hulle ook inligting oor slim planne om kamp- en sleepvakansies gladder te laat verloop. Die tydskrif se groot kosseksie gee kampeerders buitelugkos-idees. WegSleep is 'n egte leserstydskrif en bevat 'n aansienlike getal stories, briewe, resepte en wenke van sy lesers.
Waar gaan die tyd heen?
Weg! Ry & Sleep
Welkom, Ouma • Ons hoor graag wat jy op die hart het! Skryf vir ons by rysleep@weg.co.za en onthou asseblief om jou volledige adres en kontakbesonderhede te gee. Ry & Sleep behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort – en na goeddunke in die tydskrif, op die webwerf en elders te gebruik.
Lank lewe die Woonwaskou! • Die Woonwaskou het vanjaar sy 20ste verjaardag gevier, en daarvoor het die meeste van Suid-Afrika se vervaardigers kom uithaal en wys.
Wat wag in 2024? • Hier is 14 sportnutse, sleepvoertuie en bakkies wat pas aangeland het of binnekort aan wal gaan ry. Ons ignoreer ontrimpelings en opdaterings en fokus slegs op blinknuwe rygoed.
Dis tyd vir ’n huistent • As ruimte en gerief belangrik is wanneer jy saam met jou gesin in ’n tent kamp, kan jy gerus Falkson se Family Camper met sy nuwe ontwerp oorweeg, sê Leon Botha.
Gebou soos ’n tenk • Chinese rygoed is stadig maar seker besig om Suid-Afrikaners se harte te steel. Cyril Klopper ry ’n lekker een.
Na die plek van die olifante • Gonarezhou is die afskeepkind van Zimbabwe se nasionale parke as dit gaan oor besoekergetalle. Dis afgeleë, ongerep en groot dele daarvan is net met ’n 4x4-voertuig bereikbaar... dus die perfekte resep vir ’n ware veldryavontuur.
Pure plaasplesier • As jy op ’n plaas kamp, is die kans goed dat jy tot in jou diepste wese ’n gevoel van tevredenheid en geluk gaan ervaar. Ons mik na twee teeplase anderkant Citrusdal op soek na presies daardie gevoel.
Montagu mág maar! • David Kramer moes eerder oor Montagu se woonwapark gesing het as sy muskadel, want hierdie kampplek is ’n ware treffer.
Verrassings langs’n grondpad • Pleks van die vervelige N8 tussen Kimberley en Bloemfontein is daar ’n interessante alternatief: ’n grondpad wat loop verby piepklein nedersettings, ’n groot dam en selfs ’n eensame spookdorp.
Suzi Onbeperk • Nadat hy vir hom nóg ’n Suzuki-ryding gekoop het, het Deon Boshoff van St. Francisbaai besluit om selfs nóg meer van Suid-Afrika te sien.
Haak af langs die water • As jy jou vingers stomp gewerk het, is dit tyd om by die Stompdriftdam te kom asem skep.
Effens langer, veel beter • ’n Bakkie met ’n verlengde enkelkajuit is net reg vir paartjies wat ekstra pakplek binnelangs soek. Ford bied ’n gawe voorbeeld van so ’n ryding.
Hardebaard met ’n groot hart • Infanta se Enkulu 3 is taai en luuks, en dan spog dié boswoonwa boonop met heelwat slimmighede.
Jou proviand en die grens... • Jy mik na een van ons buurlande en wil jou eie kos saamneem – jy’t immers juis vir hierdie doel ’n ys-vrieskas gekoop. Maar wat sê ons buurlande se wetgewing rakende die inbring van vleis, vrugte en groente?
As die skoen pas… • Vakansieoorde en kampplekke is ’n gawe plek om jou skoene uit te skop en jou tone in die sand te druk. Maar soms is dit beter om jou skoene aan jou voete te hou – hier is 18 voorstelle.
Dis nou maar wors... • Hier is ’n klompie pret planne met verskillende soorte wors: boerewors, bangers én gerookte worsies.
BLOKRAAI
PRETBLAD
Eerste indrukke van die ‘nuwe’ 70-reeks • Baie mense meen Toyota het die bal mis geslaan met die jongste opdatering van die Land Cruiser 70-reeks. Mic van Zyl stem nie noodwendig saam...