Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Weg! Ry & Sleep

June/July 2024
Magazine

WegSleep is die enigste Afrikaanse tydskrif wat spesifiek op die karavaan- en kampeermark gerig is. Elke maand verken en gradeer die span verskeie kamp- en karavaanbestemmings in Suid-Afrika en sy buurlande en deel hulle ook inligting oor slim planne om kamp- en sleepvakansies gladder te laat verloop. Die tydskrif se groot kosseksie gee kampeerders buitelugkos-idees. WegSleep is 'n egte leserstydskrif en bevat 'n aansienlike getal stories, briewe, resepte en wenke van sy lesers.

Weg! Ry & Sleep

Herinneringe vir ’n nuwe geslag...

Tweede by Derde Brug • Ons hoor graag wat jy op die hart het! Skryf vir ons by 🖰 rysleep@weg.co.za en onthou asseblief om jou volledige adres en kontakbesonderhede te gee. Ry & Sleep behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort – en na goeddunke in die tydskrif, op die webwerf en elders te gebruik.

Kyk net al die waens! • Vervaardigers het hulle heel nuutste produkte by die kykNET-Buite-ekspo by Malmesbury in die Wes-Kaap ten toon gestel – en boonop was daar ’n nuwe vervaardiger of twee wat kom gesig wys het.

Nuwe halfweg

Voertuigverkope effens beter

Ysteratlete sorg vir kinders

Blinknuwe Ford

LAAT DIE VONKE SPAT! • Eskom sal sy sokkies moet optrek, want batteryaangedrewe rygoed is aan die toeneem. Cyril Klopper bekyk ’n oulike elektriese buks.

Kampsonderend • Berge, riviere, ’n weggesteekte dorpie en twee lieflike kampplekke... dis al wat ’n mens nodig het om haastige sekondes in rustige ure te verander. Ons pak af op Greyton.

Haak, Oos-Vrystaat! • Die Vrystaat word soms die kosmandjie van Suid-Afrika genoem, maar dié provinsie bied soveel meer as net koring- en mielielanderye.

See, sand en skulpe • Kamp jou volgende langnaweek soos ’n internasionale toeris: Mosambiek is heelwat nader as wat ’n mens dink.

Mistieke Mianmar op motorfietse • Om in Suid-Afrika te woon het heelwat voordele vir ’n avontuurmotorfietsryer, maar soms soek ’n mens iets hééltemal anders. Mianmar in Suidoos-Asië is beslis ánders, sê Johan de Villiers van Melkbosstrand.

Die rustigheid van Ruah • Die Ruah-kampterrein naby De Doorns is net die plek as jy vir ’n rukkie van die stad se bekommernisse wil vergeet en in die rustigheid agteroorsit en asem skep, sê Gareth en Tamsyn Rosslee van Kaapstad.

My vierde kind • Van toerbakkie tot plaasbakkie... en later studentebakkie. Wessel Papenfus van Ventersdorp sê hy verruil sy 2003 Land Rover Defender 130 TD5 vir geen ander voertuig op aarde nie.

’n Spesiale geskenk vir Vrouedag • Hoe bederf jy en vyf vriende saam julle wederhelftes op Vrouedag? Jy gee hulle rus en vrede deur hulle alleen te los terwyl die mans in konvooi Richtersveld toe mik vir ’n klompie dae, sê Willie Jordaan van die Strand.

Stellantis slaan ’n 6 • Die Stellantis-groep gaan vanjaar ses nuwe voertuie bekend stel – ons het van die nuwelinge gaan ry, maar ook ’n paar ou bekendes.

Meneer Beskeie • Die verloop van tyd is ’n belangrike maatstaf om te bepaal of ’n model suksesvol is aldan nie. Isuzu se mu-X staan aan die regte kant van dié lyn.

Parmantig! • Die Overlander is die derde in die reeks van Stealth se Cub-modelle. Dis nie net die nuutste een nie, maar ook die veelsydigste.

’n Welkome gas • Jou gasstoof is net so deel van kamp as jou braaivuur, maar daar is ’n spesiale vennootskap tussen die gas en die stoof.

Verjaag die donker • ’n Betroubare en draagbare bron van lig is noodsaaklik op ’n landreis omdat jy by tye ver van die naaste kragsok af kamp.

’N LÉKKER HONNELEWE • Honde is uitstekende kampmaats – katte en goudvisse... wel, nié. Hier is 16 items wat die kamplewe vir jou viervoetige vriend nóg makliker maak.

In die knyp! • Die toeknyprooster is die onbesonge held van ’n mens se...

Formats

  • OverDrive Magazine

subjects

Languages

  • Afrikaans