Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Weg! Ry & Sleep

Oct/Nov 2022
Magazine

WegSleep is die enigste Afrikaanse tydskrif wat spesifiek op die karavaan- en kampeermark gerig is. Elke maand verken en gradeer die span verskeie kamp- en karavaanbestemmings in Suid-Afrika en sy buurlande en deel hulle ook inligting oor slim planne om kamp- en sleepvakansies gladder te laat verloop. Die tydskrif se groot kosseksie gee kampeerders buitelugkos-idees. WegSleep is 'n egte leserstydskrif en bevat 'n aansienlike getal stories, briewe, resepte en wenke van sy lesers.

Só lyk die woonwamark

Weg! Ry & Sleep

Tyd vir ry • Ons hoor graag wat jy op die hart het! Skryf vir ons by rysleep@weg.co.za en onthou asseblief om jou volledige adres en kontakbesonderhede te gee. Ry & Sleep behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort – en na goeddunke in die tydskrif, op die webwerf en elders te gebruik.

WANT HY KLIM SO LEKKER, MY KIND…

Bosveldse kampoase

Alles in een • Armadillo se nuutste model, die XTR 312, is met sy verbeterde ontwerp en boumateriale ’n stap die toekoms in, sê Leon Botha.

KOLSKOOT! • Sy tuisveld is diep in die bos, maar die heel nuutste weergawe van Conqueror se Commander het homself nou behoorlik ingegrawe, sê Leon Botha.

Onder draai die duiwel rond • Die jongste Range Rover Sport is ’n luukse willewragtig, sê Cyril Klopper.

Soggens, saans en gure weer • Die Mahindra Pik Up kom nou in drie ekstra geure om aan uiteenlopende smake te voldoen,

Die legende van die Verlore Vallei • ’n Volle 111 jaar – dít is hoe lank vyf families in ’n afgeleē vallei in KwaZulu-Natal vir die res van wêreld weggekruip het. Of het hulle? Dit klink mos na die perfekte verskoning vir ’n reis na die verlede...

Wilder as die wildtuin • Of jy in jou eie huis bly of in een van die kampplekke kom oornag... in Marloth Park is dit heeljaar vakansie.

Bielie van die Bosveld • Die Bosveld is sinoniem met wild, mooi sonsondergange en ’n magdom kampplekke. Ons gaan slaan tent op by Bush ’n Buck, waar daar iets vir elke smaak is.

Blomme en klippe • Die Goegap-natuurreservaat lê 7 km buite Springbok in die Noord-Kaap. Hier is ’n pragtige 4x4-roete wat veral in die laatwinter en vroeglente roep.

Defender vir ewig • ‘n Land Rover Defender is en was nog altyd sy ware liefde,

Diereplesier • Kom, bring die kinders ’n bietjie plaas toe. Manzini staan en wag vir julle.

Snip en Rissiepit • Die Opel Mokka is ’n geitjie onder kruisnutsvoertuie, want hy krap die beskrywing van daardie voertuigklassifikasie heeltemal deurmekaar.

Die blou makou • Die Mitsubishi ASX is nie soseer vir die motorgeesdriftige nie, maar eerder vir mense wat die buitelewe geniet. Die ES-model is boonop sagter op jou voertuigbegroting.

Die kat kom weer! • Hy is nuut en moet nog sy staal wys, maar dit lyk of Peugeot se Landtrek sy stempel gaan afdruk.

Die kat se snor • Die Dindingwe is Tuff Cats se topmodel en kom met luukshede wat jou in nóg groter gerief laat kamp.

Die kampwa vir almal • Watter woonwa is die gewildste: een vir paartjies, drie mense of vier? En as dit oor grootte, gewig of prys gaan? Kom ons kyk na die syfers.

Kyk die kat uit die boom • Hulle sê trou is nie perdekoop nie. Dit geld ook wanneer jy ’n tweedehandse viertrekvoertuig oorweeg. Hier is 17 dinge om in gedagte te hou wanneer jy ’n ouer ryding bekyk.

Waar wag jou volgende pomp... • Langs interessante agterpaaie kan vulstasies maar skaars wees, wat beteken jy moet soms ekstra brandstof saamkarwei. Hier is 18 maniere om jou voertuig se reikafstand te verleng.

Dis naweek! • Met die lente in die lug is dit mos nou die regte tyd vir ’n naweekkamp. Hier is ’n maklike spyskaart.

BLOKRAAI

PRETBLAD

Hoekom so sukkel by die grens? • Dit is ’n voorreg om deur ons...

Formats

  • OverDrive Magazine

subjects

Languages

  • Afrikaans