WegSleep is die enigste Afrikaanse tydskrif wat spesifiek op die karavaan- en kampeermark gerig is. Elke maand verken en gradeer die span verskeie kamp- en karavaanbestemmings in Suid-Afrika en sy buurlande en deel hulle ook inligting oor slim planne om kamp- en sleepvakansies gladder te laat verloop. Die tydskrif se groot kosseksie gee kampeerders buitelugkos-idees. WegSleep is 'n egte leserstydskrif en bevat 'n aansienlike getal stories, briewe, resepte en wenke van sy lesers.
Soveel keuses...
Weg! Ry & Sleep
Ons sê baie dankie! • Ons hoor graag wat jy op die hart het! Skryf vir ons by rysleep@weg.co.za en onthou asseblief om jou volledige adres en kontakbesonderhede te gee. Ry & Sleep behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort – en na goeddunke in die tydskrif, op die webwerf en elders te gebruik.
NUUS
Die X-faktor • Die Invader Duo X is die standaard-Duo-model in die oortreffende trap: Hy’s groter én beter, sê Leon Botha.
Boslosie • Die vervaardiger ELXV se Ghari 4.7 gee nuwe betekenis aan weelde in die bos, sê Leon Botha.
Kop aan kop • Wat is die verskille tussen ’n nuwe Ford Ranger en ’n nuwe Volkswagen Amarok? Cyril Klopper kyk die kat mooi uit die boom.
Koets vir ’n kroonprins • Mahindra se vlagskipmodel is onlangs bekend gestel. Cyril Klopper kyk of hierdie spoggerige ryding se bloed blou is.
Tussen die wingerd en die water • Robertson is bekend as wynwêreld en wemel omtrent van wynmakers, maar hier kry jy net sulke gawe kampplekke. Ons loer in by twee van hulle.
Op die soom van die woestyn • Op hierdie byna 400 km lange roete van Solitaire na die Erongoberg in Namibië korrel jy noordwaarts. Die son sak dus altyd na links soos jy ry, verby woestynvlaktes waar gemsbokke uittroon en die koddigste verkleurmannetjies teen die padsoom boer.
Ontdek die noorde van Dinokeng • Die onbekender noordelike deel van Dinokeng se Groot 5-reservaat het sy eerste kampplek gekry. Pak jou kampgoed en kom maak ’n draai by die Hayward’s-wildlodge.
Natuur, avontuur en 4x4! • In die Kaapse Sandveld is ’n roetebestemming waar jy en jou gesin kan kamp, klouter, swem en skiet.
Die Cruiser staan al reg... • Hulle woon in die buiteland, maar Philipp en Sarah Muckelmann het waarskynlik al meer plaaslike bestemmings besoek as die meeste Suid-Afrikaners.
Nooiensvaart Boegoeberg toe • Hy hou sy lyf reisjoernalis en gee sy indrukke oor sy nuwe bakkie, abbawa én een van sy gunstelingkampplekke, sê Theunis van Zyl van Kaapstad.
Dubbel so lekker! • Dubbelmond is nie net ’n gawe kamp- en hengelplek nie, maar ook ’n wegkruipplek waarheen ’n mens graag terugkeer...
Die baas van Beijing • Hier’s nóg ’n bekostigbare voertuig uit China, en wat katoeters betref, is hy goed bedeeld gegewe sy prys.
Gemáák vir sleep • Die nuwe Land Rover Defender 90 druk arm teen die bestes – en as as sleepvoertuig moet hy belis ook nié onderskat word nie.
Langasems van die grondpad • Hoe bou ’n mens ’n beter weergawe van ’n goeie woonwa? Die vervaardigers van die Tourer Enduro wys hoe.
Waar sal ons staan? • Om ’n staanplek te kies is amper soos om by ’n nuwe buurt in te trek. Hou dié klompie dinge in gedagte voor jy opslaan.
Ry is beter as vlieg • Jy beplan om by die familie in die Kaap te gaan kuier: Koop jy vliegkaartjies vir jou hele gesin of ry julle met jou bakkie af see toe? Oorweeg gerus die volgende.
Oorkoepel jou avonture • Deesdae kry ’n mens verskeie soorte tente, maar die koepeltent is na ons mening die beste kombinasie van gemak en doeltreffendheid.
Vat 5! • Hou die kossake eenvoudig met net vyf bestanddele per resep – dis nou goed soos olie, sout en peper uitgesluit. Proe is glo.
BLOKRAAI
PRETBLAD
Tref Hilux...