Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Weg! Ry & Sleep

Aug/Sept 2024
Magazine

WegSleep is die enigste Afrikaanse tydskrif wat spesifiek op die karavaan- en kampeermark gerig is. Elke maand verken en gradeer die span verskeie kamp- en karavaanbestemmings in Suid-Afrika en sy buurlande en deel hulle ook inligting oor slim planne om kamp- en sleepvakansies gladder te laat verloop. Die tydskrif se groot kosseksie gee kampeerders buitelugkos-idees. WegSleep is 'n egte leserstydskrif en bevat 'n aansienlike getal stories, briewe, resepte en wenke van sy lesers.

Charles!

Weg! Ry & Sleep

Begin by die begin • Wanneer jy begin kamp, het jy slaap- en pakplek nodig. Tentco sit hand by met jou eerste kampblokke.

Die gasstoofrevolusie! • Ons hoor graag wat jy op die hart het! Skryf vir ons by rysleep@weg.co.za en onthou asseblief om jou volledige adres en kontakbesonderhede te gee. Ry & Sleep behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort – en na goeddunke in die tydskrif, op die webwerf en elders te gebruik

Mariental kry nuwe kampplek

Kort en bondig • Skipper-woonwaens is so eg Suid-Afrikaans as wat kan kom – en in vele opsigte uniek, sê Leon Botha. Skipper het pas sy Model T hersien en boonop ’n variant bygevoeg.

Hout is goud • Red Gecko se TDX-traandruppelwa is een van die nuutstes van sy soort op die pad en bestaan boonop volledig uit hout. Dis ’n kampwa waarin nostalgie en die hedendaagse bymekaarkom, sê Leon Botha.

En, in die eerste plek... • Die splinternuwe Toyota Land Cruiser Prado is nou amptelik in Suid-Afrika te koop. Cyril Klopper kyk wat is nuut.

Op die sonpad • Die tog tussen Johannesburg en Kaapstad hoef nie ’n dag lange foltering op die N1 te wees nie. Kies eerder hierdie alternatiewe roete waarby die jongspan – én jy – iets interessants oor ons Sonnestelsel kan leer.

Kosi en die grootvoete • Diep in die noorde van KwaZulu-Natal sien ’n mens olifante wat omtrent die oë laat rek. Ons slaan kamp op duskant Kosibaai en ontmoet ’n paar ou grotes met tande wat skrik vir niks nie.

’N PARADYS IN DIE KLEINE • Sowat ’n uur en ’n half se ry van Kaapstad af, 13 km buite Piketberg, wag ’n gawe en unieke kampplek aan die oewer van die Bergrivier op jou.

Ry deur rooi Kalaharisand • Die Kalahari-wildlodge in die Karas-distrik van Namibië het ’n wildreservaat met ’n lieflike 4x4-roete wat daardeur kronkel. Kom ry saam ’n draai.

’n Visvangavontuur met ’n verskil • Toe hy verlede jaar sy 70ste verjaardag vier, het Charles Foster van Oos-Londen besluit om ’n bietjie avontuur by sy goue jare te voeg en vir elkeen van sy oorblywende jare iets ongewoons aan te durf.

Suide toe en terug • Dit het begin met ’n droom toe hy in 2020 ’n Sprite Splash koop. Sedertdien het Rodrigo da Silva van Randburg opgegradeer tot ’n Quantum Comfort... nou kan hy en sy gesin ver suid mik.

Ko’s gaan kamp, Flaffie! • Het jy geweet jou troeteldiere is welkom by een uit elke drie kampplekke in Suid-Afrika? Ons het almal gaan uitsnuffel.

Trek jou kruis • Isuzu se rygoed is al goed gevestig as staatmakersleepvoertuie – en die nuwe X-Rider is geen uitsondering nie.

Trapsuutjies die bos in • Slaan maar enige koers in, want One4Odessey se Chameleon is reg vir die boendoes.

DIE GLOEILAMP GROET • Hoewel die draadjie geknip is van die gloeilamp soos die meeste van ons hom ken, bly die kampligte brand.

Toets voor jy ry • Vir ’n landreis berei ’n mens maande voor met beplanning en besprekings en lyste. Waarom sou jy jou ryding afskeep? Gaan dié dinge na voordat jy die langpad aandurf.

’n Plan van aksie • Jou slimfoon is goed en gaaf om video’s te neem, maar ’n aksiekamera is wat jy nodig het om verstommende beeldmateriaal van jou onlangse avontuur te maak.

Knoffel braai koning! • ’n Toontjie of ’n ton... enige hoeveelheid knoffel is ’n geurwapen...

Formats

  • OverDrive Magazine

subjects

Languages

  • Afrikaans