WegSleep is die enigste Afrikaanse tydskrif wat spesifiek op die karavaan- en kampeermark gerig is. Elke maand verken en gradeer die span verskeie kamp- en karavaanbestemmings in Suid-Afrika en sy buurlande en deel hulle ook inligting oor slim planne om kamp- en sleepvakansies gladder te laat verloop. Die tydskrif se groot kosseksie gee kampeerders buitelugkos-idees. WegSleep is 'n egte leserstydskrif en bevat 'n aansienlike getal stories, briewe, resepte en wenke van sy lesers.
Weg! Ry & Sleep
Dirk, ons sê vir jou dankie
Voor die haan jou opja • Ons hoor graag wat jy op die hart het! Skryf vir ons by rysleep@weg.co.za en onthou asseblief om jou volledige adres en kontakbesonderhede te gee. Ry & Sleep behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort – en na goeddunke in die tydskrif, op die webwerf en elders te gebruik.
Vanrhynsdorp kry spogkampplek
NAYELA KRY VLERKE • Nayela, wat aanvanklik die oog getref het met sy swierige dubbelas-boswoonwaens, het pas sy eerste enkelas bekend gestel. Die Mahem bied gerief soos min, sê Leon Botha.
Vierkant agter jou • Die nuwe Outventure Square Drop is byna volledig toegerus, en boonop kry jy ’n kombuis wat skrik vir niks nie. Vir minder as R200 000 kan jy omtrent net pak en haak, sê Leon Botha.
Die eerste boublok • Die prys van ’n nuwe boswa kan jou bankbalans nogal seermaak, maar as jy eerder ’n basiese wa wil oorweeg en dan stuk-stuk byvoeg, is die Delago Outdoor DO1 vir jou, sê Leon Botha.
Lank lewe die blitsbuks! • Die splinternuwe Volkswagen Tiguan het in September vanjaar in Suid-Afrika aangeland. Cyril Klopper kyk wat is nuut.
Dawid & Goliat van Kosibaai • Ons verruil Kosibaai se sand vir ’n spaan in die hand en kry ’n nuwe blik op die sonderlinge natuurskoon in dié deel van die land.
Op pad na die Waterberg! • Die ooste van Namibië is minder bekend as die weste met sy Naukluftnasionale park, Visriviercanyon en Skedelkus. Ons ry ’n draai deur die Kalahari en binneland, en sluit ons toer af in die noorde van Namibië.
Eenvoudig brul-jant! • Hibriede of elektriese motors het dalk tans die wêreld aan die praat, maar Mazda se nuwe CX-60 oorkruissportnuts slaan skaamteloos ’n ander koers in met sy fris turbodiesel. Om die vervaardiger se eiesinnigheid te vier skiet ons Noord-Kaap toe met geen verwagtinge nie, maar hope vasberadenheid.
Waar die rotse antwoord gee • Knus teen ’n granietkoppie in Noordwes, tussen Bosveldbome en bos, lê ’n klompie staanplekke waar jy kan afpak en van die wêreld vergeet. Welkom by Rotsinbos.
Deur die delta na die Caprivi (sonder TV) • Wat kry jy as 25 mense in twee Ford Rangers, drie Toyota Land Cruisers en ’n Fortuner die N7 noordwaarts uit die Kaap vat en uiteindelik – oor die oostelike dele van die Okavangodelta en die Victoriawaterval – in die Caprivi gaan draai? Vakansiestories vir ’n leeftyd, sê De Jongh Borchardt van Bellville.
Welkom, ou dier! • Hier is nog agt kampplekke waar Wagter en Wollie welkom is.
Dapper maar dors • Die GWM Tank 300 HEV 4x4 Super Luxury is ’n luukse ryding wat ons ordéntlik onder hande gehad het – hoe klink 15 dae in Namibië met ’n daktent op die dak en ’n boswa op die haak?
Scorpio-N staan héél voor • Die Scorpio-N laat Mahindra se vlag trots wapper.
Wittebroodwa • Hoekom ’n hele hotel saamsleep as jy oor die weg kan kom met ’n dubbelbed-op-wiele? Met die TrailPod Max is selfs die mees afgeleë kampplek boonop binne jou bereik.
Broodnodig • In dié resepte is doodgewone winkelwitbrood die sterbestanddeel.
KAMPGOED MET ENJINS • As jy in die mark is vir ’n ryhuis, is daar ’n groot verskeidenheid beskikbaar op eie bodem – soos dié 34 modelle.
BLOKRAAI • Hier is ’n gawe manier om jou vir ’n rukkie besig te hou terwyl...