Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Weg! Ry & Sleep

Oct/Nov 2023
Magazine

WegSleep is die enigste Afrikaanse tydskrif wat spesifiek op die karavaan- en kampeermark gerig is. Elke maand verken en gradeer die span verskeie kamp- en karavaanbestemmings in Suid-Afrika en sy buurlande en deel hulle ook inligting oor slim planne om kamp- en sleepvakansies gladder te laat verloop. Die tydskrif se groot kosseksie gee kampeerders buitelugkos-idees. WegSleep is 'n egte leserstydskrif en bevat 'n aansienlike getal stories, briewe, resepte en wenke van sy lesers.

Klim, Wagter, ons gaan kamp!

Weg! Ry & Sleep

POSBUS • Ons hoor graag wat jy op die hart het! Skryf vir ons by rysleep@weg.co.za en onthou asseblief om jou volledige adres en kontakbesonderhede te gee. Ry & Sleep behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort – en na goeddunke in die tydskrif, op die webwerf en elders te gebruik.

NUUS

Commander kry lyf • Hy is langer, breër, hoër én groter. Conqueror se nuwe Commander bied nou nog ’n groter verskeidenheid luukses, sê Leon Botha.

Krag-tige Thar • Mahindra het ’n treffende konsepmotor bekend gestel, en Cyril Klopper hou duim vas die produksiemodel behou hierdie voorkoms.

Deur die hart van die Sederberg • Van Duiwelsgat tot Heuningvlei, van Wupperthal tot die Biedouwvallei... Kom ry deur ’n wêreld waar die digter Boerneef se berggans ’n veer laat val het en die skrywer Jan Rabie se droomwêreld begin.

Pure plaas op Bonnievale! • By Bonnievale in die Kaap kan jy kinders, kamp en kerk in een sin gebruik.

Ry ’n slag óm Dinokeng • Die Dinokeng-Groot Vyf-reservaat bly ’n gunsteling vir naweeken vakansiewegbrekers, maar net buite die reservaat se grense lê ’n pragtige omgewing wat wag om verken te word.

Viva, Klein-Kariba! • Hy en sy gesin het al só baie by ATKV-Klein-Kariba gekamp dat hulle na dié gewilde oord as hulle “vakansiehuis” verwys, sê Roelof van Eeden van Witbank.

Die roepstem van die tweespoorpad • ’n Klomp ouens wat al donkiejare bevriend is; ’n klomp ou Land Rovers; en ’n doolhof van tweespoorpaadjies in die ongerepte Afrikabos... Wat meer wil jy hê, vra Kabous Coetzee van Marlothpark.

Goed vir die siel • Daardie gevoel wat deur jou skiet wanneer iets aan jou hoek byt en met jou lyn hardloop, sal hom altyd terugbring viswaters toe, sê die sanger Bok van Blerk.

Biele-Amarok! • Ons ry ’n draai deur die Wes-Kaapse Sederberg om te voel of die Ford-geboude Volkswagen Amarok sy luukshede behou.

Sleepmeester • Met sy nuwe Everest Platinum bereik Ford nuwe hoogtes.

Die X-faktor • Invader se nuwe Duo X bied kopers nou ’n bykomende keuse as jy op soek is na ’n boswa vir twee.

WATTER BAKKIE KRAAI KONING? • Agt handelsmerke, agt kategorieë... en een algehele wenner. Ons kyk watter dubbelkajuitbakkie vaar die beste voor ’n woonwa en in die veld.

Verpleeg jou reismaat • Jy kry twee soorte noodhulpstelle: een vir geringe beserings en ongerief, en ’n ander vir ernstiger beserings en kwale. Ons het by ’n plaaslike reiskliniek gaan aanklop om te hoor wat broodnodig is.

Hou piekniek langs die pad • Maak die langpad ekstralekker met ’n mandjie vol bederfkos wat jy op jou reis kan geniet.

BLOKRAAI

PRETBLAD

Is die Jimny geskik vir oorlandsreise? • Hy het ’n teorie oor die Suzuki Jimny se geskiktheid vir ’n ordentlike landsreis, sê Mic van Zyl, maar hy gaan dit ook binnekort self op die proef stel.

Weet waarmee jy volmaak • In ’n tyd waar ons almal ons sente moet omdraai, moet ’n mens versigtig wees wáár jy dit doen, sê Neels van Heerden.

Sien julle môre! • ’n Aansoek vir ’n nuwe paspoort het sy uitdagings, maar ook sy hoogtepunte, sê Willie Jordaan.

Hiert, jou vakansiebus! • Hunker jy terug na die ou dae toe voertuie deur vliegtuie geïnspireer is? Dan het Citroën nét die...

Formats

  • OverDrive Magazine

subjects

Languages

  • Afrikaans