Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

Weg! Ry & Sleep

Dec/Jan 2023/2024
Magazine

WegSleep is die enigste Afrikaanse tydskrif wat spesifiek op die karavaan- en kampeermark gerig is. Elke maand verken en gradeer die span verskeie kamp- en karavaanbestemmings in Suid-Afrika en sy buurlande en deel hulle ook inligting oor slim planne om kamp- en sleepvakansies gladder te laat verloop. Die tydskrif se groot kosseksie gee kampeerders buitelugkos-idees. WegSleep is 'n egte leserstydskrif en bevat 'n aansienlike getal stories, briewe, resepte en wenke van sy lesers.

Op nuwe vriende

Weg! Ry & Sleep

POSBUS • Ons hoor graag wat jy op die hart het! Skryf vir ons by rysleep@weg.co.za en onthou asseblief om jou volledige adres en kontakbesonderhede te gee. Ry & Sleep behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort – en na goeddunke in die tydskrif, op die webwerf en elders te gebruik.

’n Fees van nuwe kampplekke • Sedert die Covid-19-pandemie het ’n hele paar nuwe kampplekke die lig gesien. Oor ’n paar van hierdie oorde het ons al geskryf, maar hier is nóg tien waarvan ons te hore gekom het.

Die sesde samoerai • Die sesde geslag Mitsubishi Triton is eersdaags hier, en Cyril Klopper sien uit na sy koms.

Stil en rustig • Die KwaZulu-Natalse Suidkus is ’n gunsteling onder kampeerders, wat beteken die oorde hier is veral dié tyd van die jaar stampvol en erg bedrywig. As dit jou idee van ’n foltering is, is hier ook stiller oorde waar jy jou staan kan kry. Ons gaan kuier by twee.

Kabouters op parade • Nagenoeg 800 Suzuki Jimnys het in September 2023 opgeruk na Clarens in die Vrystaat. Ons was saam om te kyk hoe so ’n saamtrek lyk.

Op Noag se berg • Soms is dit ’n goeie idee om sake van bo af te beskou. Veral as jy terugsit in die gemak van jou kampstoel.

’n Sirkelroete deur ou-ou berge • Sutherland is ’n gawe dorp vir sneeu- en sterrekykers. As jy egter miere in jou broek het, is hier ook ses bergpasse en poorte. Die Oubergpas is een vir die boeke.

Die Noord-Kaap brul (weer)! • Een keer per jaar word die sitplekgordels vasgetrek en die toere opgejaag terwyl adrenalienvlakke nuwe hoogtes bereik. Die Ry & Sleep Bull Run is enig in sy soort, soos die veterane én groentjies by vanjaar se byeenkoms kan getuig.

Kilometers vol pret op Meerendal • Meerendal is meer as net ’n gesogte wynbestemming, met drie veldloop- en staproetes, en minstens drie roetes vir bergfietsryers, is dit ’n avontuur-oase vir stadsjapies wat in die buitelug wil asemskep. Kom rek jou bene.

Tot siens, ou grote • Met die nuwe BMW R 1300 GS wat op pad is, ry ons vir oulaas met die uittredende 1250 GS.

Sleep saam-saam • Daar is twee van julle wat saamspan wanneer jy met die nuwe Ranger sleep: Jy vat die stuur en die blikbrein sien om na die woonwa.

’n Bok van ’n ander kleur • Nayela het nie net sy Okapi in die laaste jaar of twee opgegradeer nie; die nuwe Okapi X neem dit nóg ’n stap verder.

2023 ’N OORSIG • Wanneer ons nie kamp nie, is ons op pad om te kamp. Hier volg ’n blik van hoe ons kamplewe by Ry & Sleep die afgelope jaar in getalle lyk.

Slange... Feite & fabels • As jy op ’n landreis wild kamp, gaan jy waarskynlik met slange te doen kry. Hier is 20 algemene wanopvattings – én feite – oor slange.

Hier’s Kersvader! • Dis weer tyd vir samesyn, somervakansie en geskenke onder die Kersboom. Hier is 18 produkte – in alfabetiese volgorde – wat elk minder as R1 000 kos.

Op die soustrein! • Die geheim van dié feesmaal lê in die ses heerlike souse.

BLOKRAAI

PRETBLAD

Jimny slaan ’n ses • Hy het nog nooit op ’n oorlandreis soveel pret gehad as met dié een in die Suzuki Jimny nie, sê Mic van Zyl.

Wat beteken Leefek se einde? • Leefek het onlangs aangekondig dat hy voortaan nie meer woonwaens gaan vervaardig nie. Neels van Heerden wonder wat dit vir die...

Formats

  • OverDrive Magazine

subjects

Languages

  • Afrikaans