WegSleep is die enigste Afrikaanse tydskrif wat spesifiek op die karavaan- en kampeermark gerig is. Elke maand verken en gradeer die span verskeie kamp- en karavaanbestemmings in Suid-Afrika en sy buurlande en deel hulle ook inligting oor slim planne om kamp- en sleepvakansies gladder te laat verloop. Die tydskrif se groot kosseksie gee kampeerders buitelugkos-idees. WegSleep is 'n egte leserstydskrif en bevat 'n aansienlike getal stories, briewe, resepte en wenke van sy lesers.
In mý dae...
Weg! Ry & Sleep
Hoed af vir ereveldwagters • Ons hoor graag wat jy op die hart het! Skryf vir ons by rysleep@weg.co.za en onthou asseblief om jou volledige adres en kontakbesonderhede te gee. Ry & Sleep behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort – en na goeddunke in die tydskrif, op die webwerf en elders te gebruik.
Woonwawêreld verloor ’n reus
Prins van die bergpasse • Vir Italiaanse motorvervaardigers gaan alles oor padhouvermoë, en as dit by sportnutse kom, is die Stelvio voor in die koor, sê Cyril Klopper.
Die Outback kry oemf • Subaru het die enjin van sy WRX in die andersins talmende Outback oorgeplant met die plan om hom op te kikker, sê Cyril Klopper.
Skakel hééltemal af • Soms het ’n mens die behoefte om van alles en almal af weg te kom, en by ’n kampplek uit te span waar dit nét jy en die natuur rondom jou is. Kom vind daardie soort vrede by Hoedspruit.
Die innemende kloof • Die Baviaanskloof loop van Willowmore in die Klein-Karoo tot by Patensie in die Gamtoosvallei. Hier kan jy na hartelus veldry, kamp en na Klowers se stories luister wat jou óf laat skaterlag óf ’n traan laat pink.
Beleef die rustigheid • Die Marico-omgewing in Noordwes smeek om verken te word. Wanneer jy dus weer op die N4 uit Gauteng na Botswana reis, vertoef vir ’n paar dae in dié rustige wêreld.
Ry ’n draai deur Addo • Die Addo-Olifantnasionale park is ’n gewilde bestemming omdat die kans om die grootvoete te sien uiters goed is. Dís wat jy kan verwag in slegs ’n klein deel van die park.
Kyk so ’n Toyota ‘Fortuin’! • As jy ooit gewonder het hoe ’n alles-in-een-gereed-om-te-kamp voertuig lyk, is dié Toyota Fortuner van Jacques Bekker van Bellville ’n uitsonderlike voorbeeld.
Selfgeboude droomwa • Hulle glo vas in die Kiss-beginsel wanneer dit by kamp kom, sê Deon Boshoff van St. Francisbaai: Keep it simple, stupid, soos die Engelsman sê.
Hoe meer siele, hoe meer vreugde • As jy en ’n groep vriende saam wil kamp en hengel langs julle “eie” dam, hoef julle nie verder te soek as Kraalskloof nie.
Berg- of randsteenklimmer? • Ford sê sy Everest beweeg weg van die Fortuner-kategorie en ding eerder mee met luukser sportnutse soos die Prado. Ons kyk of dit inderdaad die geval is met sy jongste model.
Cowboy in ’n snyerspak • Ons het ’n week lank deur die Addo-Olifant- nasionale park en Baviaanskloof gery met die vyfde geslag Jeep Grand Cherokee Overland.
Sjarme teen halfprys • Vir ’n raps meer as ’n halfmijoen rand gee die Mahindra XUV700 AX7L sommer baie meer kar as wat jy verwag. Ons kyk hoe vaar hy voor ’n woonwa.
Pêrel van die waens • GT Camper se Exclusive is in meer as een opsig uniek.
Wat sê kletsbot oor kamp? • Ons gesels met ’n kletsbot om sy mening te kry oor ons gunstelingtydverdryf. Dit is duidelik hy het sommer baie te sê, selfs al was hy nog nooit in ’n kampterrein nie.
Kampkombuis vir twee • Dis net julle twee... waarom dan bonkige en swaar kamptoerusting saamsleep as ligte en kompakte items sal deug?
Boontjie kry sy loontjie • Met ’n blikkie bone kan jy ver kom in die kampkombuis. Hier is ses smullekker idees.
BLOKRAAI
PRETBLAD
Maak dubbel seker oor jou laaistelsel • As jy in die mark is vir ’n...