WegSleep is die enigste Afrikaanse tydskrif wat spesifiek op die karavaan- en kampeermark gerig is. Elke maand verken en gradeer die span verskeie kamp- en karavaanbestemmings in Suid-Afrika en sy buurlande en deel hulle ook inligting oor slim planne om kamp- en sleepvakansies gladder te laat verloop. Die tydskrif se groot kosseksie gee kampeerders buitelugkos-idees. WegSleep is 'n egte leserstydskrif en bevat 'n aansienlike getal stories, briewe, resepte en wenke van sy lesers.
Die rivier van vreugde
Weg! Ry & Sleep
Dis tyd vir ry! • Ons hoor graag wat jy op die hart het! Skryf vir ons by rysleep@weg.co.za en onthou asseblief om jou volledige adres en kontakbesonderhede te gee. Ry & Sleep behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort – en na goeddunke in die tydskrif, op die webwerf en elders te gebruik.
AAN DIE GANG! • Die nuwelinge het omtrent uitgehaal en wys by vanjaar se kykNET-Buite-ekspo by Malmesbury in die Wes-Kaap.
Twee nuwe Chinese
Die kat kom weer • Suzuki se Grand Vitara is ná ’n afwesigheid van drie jaar terug, en dié slag deel hy sy DNS met ’n ander Japannese motorvervaardiger, sê Cyril Klopper.
Sawubona, Eswatini! • Die ou Swaziland is ’n plek waarvan ons min hoor, ondanks dié land se ligging binne Suid-Afrika se grense. Kom ry saam deur berge en dale om uit te vind hoe dit deesdae daar gaan.
Vind rus in die Overberg • Aan weerskante van Stanford is twee nuwe kampplekke waar ’n mens kan stil raak in die natuur terwyl die ywer weer in jou ontwaak.
Raak weg in die verlede • Skaars ’n hanetree van die plek waar drie provinsies bymekaarkom, kan jy by ’n klein kampplek gaan uitspan op die oewer van die Kliprivier. Verken dan dié deel van die land met sy ryke geskiedenis en mooi landskappe.
’n Wye Karoo-draai • Vat die pad saam met ons deur die Groot-Karoo, oor die Swartberg tot in die Klein-Karoo.
’n Klein juweel • Toe hulle die Anysberg-natuurreservaat vroeër vanjaar die eerste keer besoek, het hulle nie geweet wat om te verwag nie, vertel Piet en Magda Janse van Rensburg van Villiersdorp.
’n Gelukkige 13 saam met Lady • Daar is motors wat bekend is en daar is motors wat legendaries is, sê Danie Pienaar van die Strand. Hy vertel van sy 1984 Land Cruiser FJ60 met sy 4,23 ℓ-sessilinderpetrolenjin.
Namibië toe met ’n wa op die haak • Dit is moontlik om met jou padwa deur Namibië te toer – as jy noord mik en hoofsaaklik op die uitstekende teerpaaie hou, wag ’n reis duisend op jou, sê Pieter van der Merwe van Riebeeckstad.
Kamp sal sy kamp! • Die buitelug is goed vir liggaam én siel en sy kamp sonder ophou, al voel sy nie elke dag op haar beste nie, sê Gretha Schoonraad van Brackenfell.
Haak ’n gele • Anderkant Vanderbijlpark is ’n kampplek wat pas opgedollie is. Dis ’n plek waar jy op die oewer van die Vaalrivier kamp – kyk of jy ’n bielie of twee aan die lyn kan haak.
Lyk bekend, of hoe? • Ons het ’n week lank deur die koninkryk van Eswatini gery met ’n Chinese produk wat dikwels met ’n ander handelsmerk verwar is. Hier volg ons indrukke.
’n Dubbel, asseblief • As ’n goedtoegeruste kombuis en luukshede soos jou eie storttent vir jou belangrik is, is die Armadillo XTR312 kampgereed vir ’n paartjie wat die bosse wil invaar.
Selfoon of GPS? • Jou slimfoon het Google Maps en ’n mens kry boonop navigasie-apps vir jou selfoon wat werk sonder ’n selfoonsein. Waarvoor het ’n mens dan ’n GPS-toestel nodig?
Waarheen nou, Gehasi? • Ons bekyk 4 navigasie-apps vir jou slimfoon plus 7 nuwe GPS-toestelle en 1 ouer staatmaker.
Prutprut die pot… • Potjiekos is die oorspronklike eenskottel-ete – en hierdie ses potplanne is almal wenners!
BLOKRAAI
PRETBLAD
Die voorreg van Afrika • Dis ’n groot eer en voorreg...